Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Indemnity’

Die nuwe plaaslike rolprent Indemnity vertel die storie van Theo Abrahams, ʼn voormalige brandweerman wat aan posttraumatiese stresversteuring (PTSV) ly en wat homself aan drank oorgee omdat hy nie terug werk toe kan gaan nie.

Abrahams se wêreld word omgekeer wanneer sy vrou en joernalis, Angela (Nicole Fortuin), vermoor word en hy die hoofverdagte is. Dit dwing hom om vir die polisie te vlug, omdat hy oortuig is van sy eie onskuld.

Soos wat die saak deur adjunkhoof Alan Shard (Andre Jacobs) en speurder Rene Williamson (Gail Mabalane) ondersoek word, word onthullings oor Abrahams se verlede en wat met sy vrou gebeur het, gemaak. Dit lei tot ʼn regeringsameswering met drastiese gevolge.

Die rolprent is in 2021 op die Fantasia- internasionale rolprentfees in Kanada bekendgestel en het sedertdien groot lof van onder meer The New York Times ontvang.

Met Indemnity maak Travis Taute sy debuut as draaiboekskrywer en regisseur. Taute is die medeskrywer van Nosipho Dumisa se bekroonde fliek Nommer 37 en die Netflix-reeks Blood & Water.

Zenn van Zyl is verantwoordelik vir die kinematografie, Simon Beesley het dit geredigeer en die klankbaan is deur Kyle Shepherd gekomponeer.

Indemnity word plaaslik deur Filmfinity versprei en word op 13 Mei landwyd in fliekteaters uitgereik. Dit is vervaardig deur Gambit Films, in samewerking met M-Net Films, Marche Media, die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) en die departement van handel en nywerheid (DTI).

Kyk hier na Floris Groenewald se resensie van Indemnity:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.