Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Kaalgat Karel’

ʼn Jaar ná die Afrikaanse rolprent Kaalgat Karel se oorspronklike uitreikingsdatum, sien dié lankverwagte romantiese komedie uiteindelik eersdaags die lig.

Kaalgat Karel vertel die verhaal van Karel Venter (vertolk deur Francois Jacobs), ’n kaalnaeler wat die ongewenste aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry, geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, Rita (vertolk deur Christia Visser), wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Die skreeusnaakse toevallige ontmoeting tussen dié twee karakters skep die perfekte agtergrond vir die romantiese komedie wat in Oos-Londen geskiet is.

Meg Rickards en Paul Egan, wat die regie en vervaardiging behartig het, vertel dat die fliek pragtig bymekaar gekom het.

Egan en Rickards was ook verantwoordelik vir projekte soos die bekroonde rolprent Tess, en die dokumentêr 1994: The Bloody Miracle.

Kaalgat Karel spog ook met ʼn sterbelaaide rolverdeling, wat onder meer Schalk Bezuidenhout as Karel se vriend en kamermaat Flip; Siv Ngesi as Vuyo, Karel se kaalnael-teenstander, grapjas en sanger, Tracey-Lee Oliver as Rita se kollega en Eden Classens as die glansryke plastiese chirurg, Jean-Pierre du Toit, insluit.

Floris Groenewald.

Rosabelle Clasen, dogter van die vermaakpaar Neels en Eloise Clasen, maak ook haar debuut op die grootskerm in die rol van Bella, Rita se dogter.

Kaalgat Karel is ’n heerlike romantiese komedie wat aanklank by ʼn wye Suid-Afrikaanse gehoor sal vind.

Kaalgat Karel begin op Vrydag 24 September in fliekteaters landswyd draai. Die fliek het ʼn ouderdomsbeperking van 13 vir naaktheid, seks en taal.

Kyk hier na Floris se resensie van Kaalgat Karel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.