Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Liewe Lisa’

Liewe Lisa se draaiboek is geskoei op die Oscar-bekroonde 1967-rolprent, The Graduate, met Dustin Hoffman en Anne Bancroft in die hoofrolle. Liewe Lisa is die debuutrolprent deur die onafhanklike rolprentmaatskappy Kompanjie Stories, onder leiding van die akteur en skrywer Hendrik Cronjé.

Die fliek handel oor Daniël, ʼn student wat heimlik daarvan droom om ʼn skrywer te word. In sy strewe na opwinding raak hy betrokke in ʼn buite-egtelike verhouding met ʼn invloedryke sakeman se vrou. Dinge neem ʼn dramatiese wending wanneer hy verlief raak op dieselfde sakeman se dogter.

Nadat sy foute aan die lig gekom het, roep Daniël die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel toe. Hy ontmoet Tom – ʼn eenvoudige visserman wat hom help om sy ware potensiaal te bereik.

Cronjé vertolk die rol van Daniël teenoor Elani Dekker wat die rol van Lisa vertolk. Zane Meas, Barbara-Marie Immelman, Albert Maritz, Stiaan Bam, Crystal-Donna Roberts en Marco Spaumer is ook in dié fliek te sien.

Johannes Pieter Nel, wat op verlede jaar se Silwerskermfees in Kampsbaai vereer is met ʼn toekenning vir beste kinematografie vir die kortfliek Benjamin, het die kinematografie vir Liewe Lisa saam met Ebert Steyn gedoen.

Danie du Toit, hoofsanger en liedjieskrywer vir die gewilde groep Spoegwolf, het die oorspronklike musiek vir die rolprent geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nita Kleynhans ·

Is ‘n resensie nie veronderstel om ‘n kritiese evaluasie van ‘n fliek, boek, ens te wees, hierdie is niks meer as ‘n beskrywing van die film?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.