Poppie Nongena vertel die verhaal van ʼn Afrikaanssprekende Xhosa-ma se stryd om stabiliteit vir haar gesin te verseker in ʼn tydperk van buitengewone onrus in Suid-Afrika. Dit is ʼn era waarin swart vroue deur inhegtenisnemings, boetes en gedwonge verwyderings hulle huise moes verlaat om hulle in afgeleë gebiede, die sogenaamde “swart tuislande”, te gaan hervestig. Wanneer haar man, Stone, te siek word om te werk, word Poppie volgens wet beskou as ʼn “onwettige” inwoner in haar eie land.
Clementine Mosimane vertolk die rol van Poppie teenoor Chris Gxalaba, wat die rol van Stone vertolk. Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, Dawid Minnaar, Thembalethu Ntuli en Nomsa Nene is ook in dié rolprent te sien.
Die bekroonde draaiboekskrywer en regisseur Christiaan Olwagen se vorige werk sluit die hoogs aangeskrewe rolprente Johnny is nie dood nie, Die Seemeeu en Kanarie in. Olwagen het die draaiboek vir Poppie Nongena saam met Saartjie Botha geskryf.
Poppie Nongena is ʼn diep persoonlike verhaal wat uit ʼn vroueperspektief vertel word. Die kinematograaf Vicci Turpin voel sterk oor die dringendheid rakende vroueregte in Suid-Afrika.
“Vroue moet nou hulle stemme harder as ooit tevore laat hoor. Ons liggame en gedagtes is ons eie, en hoort nie, durf nie aangeraak te word deur diegene wat magtiger voel as ons nie, of dat hulle ʼn reg het op geweld in ons land nie,” het Turpin gesê.
Die fliek is gegrond op Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena en word op 31 Januarie landwyd in rolprentteaters vrygestel.
Fliekvlooi Floris Groenewald het na die fliek gaan kyk. Kyk hier na sy resensie oor die fliek:
ek wens dat hulle moet ophou om sulke films te maak
dankie
ek wens jy kan ophou kerm oor sulke films
dankie
Ek stem saam met Barend. Hoekom die verlede aanhou oopkrap? Ons land is nog nie gereed daarvoor om so gereeld aan die verlede herinner te word nie.
Al so afgesaag. Dit is dieselfde strorie in alle sepies en die agtergeblewenes is tog so vreeslik sensitief. Hulle het die mooiste plekke, hulle “tuislande” maar daar kon hulle niks uitgerig kry vir hulself. So al die poppies & kie, hou op om ander te blameer want ons kan net sulke emosionele filmpies opdis waar die skoen aan die ander voet is.