Fliekvlooi Floris se fliekresensie: Racheltjie de Beer

“Die Verhaal van Racheltjie de Beer” sal in Oktober in teaters begin draai.

Die storie van Racheltjie de Beer is ʼn legendariese verhaal van verlies, dapperheid, opoffering en onwrikbare liefde – die storie van ʼn 12-jarige kind wat haar eie lewe opgeoffer het sodat haar boetie kon bly lewe.

Dié aangrypende verhaal is meesterlik op die silwerskerm vasgevang in die rolprent Die verhaal van Racheltjie de Beer.

Die rol van Racheltjie word vertolk deur Zonika de Vries, terwyl Johannes Jordaan as Jamie sy heel eerste rol vertolk. Marius Weyers is te sien in die rol van George Lundt, en nog bekendes soos Sandra Prinsloo, Antoinette Louw en Beáte Opperman maak deel van die rolverdeling uit. Die rolprent se regie is deur Matthys Boshoff behartig.

Vyf jaar ná hulle ma, Marie, se dood bevind die De Beer-kinders, die 12-jarige Racheltjie en die vyfjarige Jamie, hulself op pad na die Goudvelde van die Witwatersrand saam met hul pa, Herman, wat ’n nuwe lewe daar wil begin. Dit is op hierdie reis na ʼn nuwe begin wat Racheltjie in ʼn oomblik van onselfsugtige dapperheid, geskiedenis verander.

Die fliek wys tans by SterKinekor en NuMetro

Kyk Fliekvlooi Floris se resensie oor die fliek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hester ·

Het baie meer verwag. Nie die beste Afrikaanse film nog nie. Die storie was baie dun gewees en het begin lank raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.