Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Stroomop’

Die verhaal van Stroomop speel in die Noord-Kaap op die Oranjerivier af en Ivan Botha, bekend vir sy rolle in die Bakgat-reeks én gewilde Afrikaanse rolprente soos Pad na jou hart en Vir altyd, staan aan die stuur van die fliek as regisseur.

Donnalee Roberts, wat saam met Botha en Danie Bester van The Film Factory verantwoordelik is vir die vervaardiging, vertolk die rol van Lana, ʼn uitstekende chirurg wat haar lewe aan haar werk wy. ʼn Traumatiese ervaring uit haar kinderjare bly by haar spook en sy gebruik haar werk om te skuil van die wrede werklikheid in haar lewe.

Teësinnig word Lana deel van ʼn selfhelpgroep, waar stukkende vroue weekliks byeenkom in ʼn desperate poging om hulle lewe aanmekaar te hou.

Hier ontmoet Lana vir Vivian (Simoné Nortmann), Adrie (Chanelle de Jager), Diona (Ilse Klink) en Nixie (Carla Classen). Die groepterapie slaag nie daarin om die vroue se mure af te breek nie en avontuurterapie word vir die selfhelpgroep voorgeskryf.

Voor die vyf vroue hul oë kan uitvee, bevind hulle hulself op ʼn roeiboot op die Oranjerivier, waar die besige stadslewe verruil word vir ʼn wêreld só verlate en ongenaakbaar dat dit die geraas wat ook in elke vrou woed, stil laat word.

Onderlangse wrywing tussen die vroue lei tot ʼn ongeluk op die rivier en in ʼn spanningsvolle oomblik word die gids, Guy (Armand Aucamp), en die vroue van die roeiboot afgegooi, meegesleur in die gemaal en verdwyn hulle in die onstuimige water.

Stroomop word op Vrouedag, 9 Augustus, landwyd in fliekteaters bekendgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Resensie ·

Sal graag ‘n resensie uit ‘n vroulike oogpunt / perspektief ook wil lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.