Fliekvlooi Floris se resensie: ‘Parow to Parowfest: The Jack Parow Story’

Parow to Parowfest is die naweek op BoxOffice te sien.

Sedert die kletsrymer en aanbieder Jack Parow in 2010 die Suid-Afrikaanse musiektoneel met die liedjie “Cooler as ekke” getref het, het hy iets reggekry wat min ander plaaslike kunstenaars hom kon nadoen: om ’n ondersteunerskorps in Nederland en België op te bou wat hom steeds lojaal volg.

In 2017 het hy saam met van die Lae Lande se grootste hip-hop-kunstenaars en kletsrymgroepe sy eerste eie fees – die Parow Fest – in Utrecht aangebied, naamlik ’n vier uur lange skouspel in ’n vol saal (al die kaartjies was uitverkoop).

Hierdie dokumentêr volg die pad wat Zander Tyler moes stap – van sy kinderdae in die noordelike voorstede van Kaapstad af tot daardie oomblik op die verhoog by sy eie fees voor duisende jillende aanhangers meer as 10 000 km van die huis af.

Charlenè Brouwer het die regie van Parow to Parow Fest: The Jack Parow Story behartig. Jack Parow, Fokofpolisiekar, Valiant Swart, Danie Marais, Loki Rothman, Louise Crouse, Merwe Marchand le Roux, Rufio Vegas en Hardus van Deventer is in dié dokumentêr te sien.

Die dokumentêr maak Vrydag 4 September om 11:00 sy debuut tydens vanjaar se Silwerskerm-webinaar en is vanaf 19:00 eksklusief op BoxOffice beskikbaar.

Kyk hier na Floris se resensie:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.