Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Meerkat Maantuig’

meerkat maantuigFloris Groenewald het na die splinternuwe gesinsfliek Meerkat Maantuig, wat op 16 Maart landwyd in fliekteaters oor die hele Suid-Afrika vrygestel word, gaan kyk.

Dié fliek, wat nog nie in Suid-Afrika begin draai het nie, is reeds aanvaar om by 12 internasionale fliekfeeste vertoon te word.

Die regisseur van die fliek, Hanneke Schutte, het die draaiboek (gegrond op die novelle Blinde Sambok deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Riana Scheepers) verwerk. Die verhaal speel af in die natuurskone woude van die Magoebaskloof.

Dit vertel die storie van Gideonette de la Rey (Anchen du Plessis), ʼn skrikkerige 13-jarige meisie wat glo die vloek wat haar familie al vir jare teister, sal haar in sy greep kry en dat sy die volgende een is wat voortydig dood sal gaan. Sy is bang en desperaat en kan nie ontsnap uit die storie wat haar werklikheid definieer nie. Uiteindelik kan sy slegs haar vrese oorkom deur dit waarvoor sy bang is onder die oë te sien.

Meerkat Maantuig is die eerste keer by verlede jaar se Silwerskermfees vertoon en genomineer vir beste kinematografie, beste produksieontwerp en beste regisseur. Willie Nel het met die beeldjie vir beste kinematografie huis toe gegaan.

Lees ook Leon van Nierop se resensie oor die fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.