Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Wonderlus’

Floris Groenewald het na die splinternuwe Afrikaanse fliek Wonderlus, wat op 27 April landwyd in fliekteaters vrygestel word, gaan kyk.

Die fliek spog met ʼn rolverdeling van vars gesigte in die Afrikaanse vermaakbedryf en sluit akteurs soos Edwin van der Walt, Mila Guy, Simoné Nortmann, Stiaan Smith, Lynelle Kenned, Lea Vivier en Beer Adriaanse in.

Wonderlus vertel die storie van ʼn troue wat heeltemal ontspoor wanneer die bruidegom (Van der Walt) die liefde van sy lewe moet agternasit, die bruid (Guy) uit ʼn benarde situasie moet probeer ontsnap en ʼn kelnerin (Vivier) haar uit ʼn penarie moet loswikkel.

Die draaiboek is geskryf deur Johan Cronjé en vervaardig deur Nouvanaand Films, wat ook verantwoordelik is vir die vervaardiging van bekende televisiereekse soos Hotel en Phil101.

Wonderlus het verlede jaar drie toekennings ontvang by die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad vir die beste teks (Cronjé), beste byspeler (Adriaanse) en beste aktrise (Vivier).

Dié fliek bied ʼn nuwe uitkyk op twee van die lewe se grootste kwelvrae: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy móét en wat jy wíl?

Fliekgangers wat nie wil wag tot die fliek amptelik op 27 April vrygestel word nie, kan na Wonderlus se webwerf gaan vir kaartjies na spesiale vertonings wat vandeesweek landwyd aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.