Die kykNET Silwerskerm-pryse is Saterdagaand by ʼn glansryke geleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai uitgedeel.
Dié toekenningsgeleentheid is vanjaar deur June van Merch en Bennie Fourie aangebied. Tobie Cronjé is vereer as vanjaar se Silwerskermlegende vir sy besondere bydrae tot die rolprentbedryf.
Vanjaar kon feesgangers ʼn verskeidenheid kort- en speelfilms kyk en paneelbesprekings bywoon. Drie internasionale kundiges is ook by die fees verwelkom: Dorothee Wenner van Berlinale, Peter Cowley van Spirit Digital Media in Londen en die Suid-Afrikaanse akteur Arnold Vosloo wat die afgelope paar dekades naam gemaak het in die VSA.
Vanjaar was daar ses speelfilms wat hul première op die Silwerskermfees gehad het. Dié vollengte-speelfilms is Fiela se kind, Flatland, Griekwastad, Die verhaal van Racheltjie de Beer, Toorbos en Poppie Nongena.
Poppie Nongena het vanjaar die meeste benoeming gekry, in 15 verskillende kategorieë, terwyl Fiela se kind 11 benoemings opgeraap het. Dit was wel Poppie Nongena wat weggestap het met die groot prys van die aan vir beste speelfilm.
Poppie Nongena het 12 pryse gekry, onder meer vir beste speelfilm, beste draaiboek, beste regisseur, beste aktrise, beste mansbyspeler en beste vrouebyspeler.
Hier is die volledige lys wenners:
KORTFILMS
Beste kortfilm: Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr
Beste draaiboek: Luan Jacobs – Hoe om ʼn perd te teken
Beste regisseur: Stefan Benadé – Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr
Beste akteur: Luan Jacobs – Hoe om ʼn perd te teken
Beste aktrise: Ansu Visser – Binnelandse Sake
Beste manlike byspeler: Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr
Beste vroulike byspeler: Ilse Oppelt – Janneman
Beste produksie-ontwerp : Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My gelykenis
Beste redigerig: Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr
Beste kinematograaf: Janhendrik Burger – My gelykenis
Beste grimering en haarstilering; Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr
Beste kostuumontwerp: Juanita Ferreira – Die begrafnis
Beste klankontwerp: Wesley Ayliffe – Binnelandse Sake
Webreekse: Deur die blare
Gehoorgunsteling; Fiela se kind
Draaiboeksoek:
Gerhard Marx – Asem
Reginald Hufkie – Kinderhuis kind
Nico Steyn – Skrop
Blitsfilms
Ilka de Beer – Cry/Huil
Melanie Tait – Ligspoor
SPEELFILMS
Beste speelfilm: Poppie Nongena
Beste draaiboek: Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena
Beste regisseur: Christiaan Olwagen – Poppie Nongena
Beste akteur: Stian Bam – Die verhaal van Racheltjie de Beer
Beste aktrise: Clementine Mosimane – Poppie Nongena
Beste mansbyspeler: Chris Gxalaba – Poppie Nongena
Beste vrouebyspeler: Nomsa Nene – Poppie Nongena
Beste produksie-ontwerp: Chantel Carter – Die verhaal van Racheltjie de Beer
Beste redigering: Eva du Preez – Poppie Nongena
Beste kinematograaf: Vicci Turpin – Poppie Nongena
Beste oorspronklike klankbaan: Kyle Shepherd – Fiela se kind
Beste grimering en haarstilering: Gale Shepherd – Poppie Nongena
Beste kostuumontwerp: Sylvia van Heerden – Poppie Nongena
Beste klankontwerp: James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena
Beste ensemble-spel: Poppie Nongena