
Donnalee Roberts en Ivan Botha is Nina en Hugo in ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za
Met Februarie net om die draai is daar die geur van liefde, sjokolade en romanse in die lug. Dit is ook die gepaste maand vir die uitreiking van Ivan Botha en Donnalee Roberts se jongste romantiese avontuur, Vir altyd.
Dié twee het weer saamgewerk aan ʼn draaiboek wat dié keer die verskillende fases van die liefde onder die vergrootglas neem. Hulle vertolk die hoofrolle van Hugo en Nina in dié fliek.
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om saam met Donnalee en Ivan in Maroela Media se ateljee te kuier en sy het meer uitgevind oor die maak van die fliek. Ivan het ook verklap dat hy so bietjie skrikkerig is vir vlieg en Donnalee het meer vertel oor die droommooi trourok wat ná die maak van die rolprent nooit weer dieselfde sal wees nie.
- Donnalee en Ivan vertel wat met die trourok tydens die maak van ‘Vir altyd’ gebeur het. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Nog ‘n toneel uit die romantiese avontuur ‘Vir altyd’. Donnalee en Ivan het ook die draaiboek van die rolprent geskryf. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Van die tonele vir ‘Vir altyd’ is in Mauritius geskiet. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Die jong Nina (Nicky de Kock) en die jong Hugo (Caylem Else) uit ‘n toneel van ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Ivan en Donnalee is vir ‘n helikopterrit geneem oor van die eilande waar dele van ‘Vir altyd’ verfilm is. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Wilson Dunster en Elize Cawood is te sien as Tannie Betsie en Oom Paul in ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Donnalee Roberts en Ivan Botha is Nina en Hugo in ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za
- Vir Altyd (Foto: Viraltydfilm.co.za)
- Ilse Roos en Dirk Stoltz is te sien as Marietjie en Ben. Foto: Viraltydfilms.co.za
- ‘n Toneel uit die nuwe romantiese avontuur ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Die 2 tjies se romcoms is nou al biki afgesaag…
Kan nie wag om dieprent te gaan kyk nie. Glo dit gaan ook net so mooi wees soos Pad na jou Hart. Hulle doen moeite met hul prente en daar is altyd ‘n betekenis agter die prentjie. Pad na jou hart was n mooi storie oor ‘n verhouding tussen n pa en sy seun. Vir Altyd kan dalk mense net twee keer laat dink oor die huwelik en dit is nie die enigste uitweg om op te gee nie. Maak seker die eerste keer wat jy wil he. Jong mense trou te maklik en te gou net om later agter… Lees meer »
Ek sien so uit om die fliek te gaan kyk, kan amper nie meer wag nie. Dit gaan ‘n baie mooi fliek wees.