Foto’s en video: Donnalee Roberts en Ivan Botha vertel meer van nuwe fliek


Donnalee Roberts en Ivan Botha is Nina en Hugo in 'Vir altyd'. Foto: Viraltydfilm.co.za

Donnalee Roberts en Ivan Botha is Nina en Hugo in ‘Vir altyd’. Foto: Viraltydfilm.co.za

Met Februarie net om die draai is daar die geur van liefde, sjokolade en romanse in die lug. Dit is ook die gepaste maand vir die uitreiking van Ivan Botha en Donnalee Roberts se jongste romantiese avontuur, Vir altyd.

Dié twee het weer saamgewerk aan ʼn draaiboek wat dié keer die verskillende fases van die liefde onder die vergrootglas neem. Hulle vertolk die hoofrolle van Hugo en Nina in dié fliek.

Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om saam met Donnalee en Ivan in Maroela Media se ateljee te kuier en sy het meer uitgevind oor die maak van die fliek. Ivan het ook verklap dat hy so bietjie skrikkerig is vir vlieg en Donnalee het meer vertel oor die droommooi trourok wat ná die maak van die rolprent nooit weer dieselfde sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie ·

Kan nie wag om dieprent te gaan kyk nie. Glo dit gaan ook net so mooi wees soos Pad na jou Hart. Hulle doen moeite met hul prente en daar is altyd ‘n betekenis agter die prentjie. Pad na jou hart was n mooi storie oor ‘n verhouding tussen n pa en sy seun. Vir Altyd kan dalk mense net twee keer laat dink oor die huwelik en dit is nie die enigste uitweg om op te gee nie. Maak seker die eerste keer wat jy wil he. Jong mense trou te maklik en te gou net om later agter te kom dit was ‘n fout. Altwee van hulle is deur die trauma en ek gun hulle die geluk. Ek hoop dat hulle paadjies bymekaar uitkom.

Elmarie Gerber ·

Ek sien so uit om die fliek te gaan kyk, kan amper nie meer wag nie. Dit gaan ‘n baie mooi fliek wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.