Met Februarie net om die draai is daar die geur van liefde, sjokolade en romanse in die lug. Dit is ook die gepaste maand vir die uitreiking van Ivan Botha en Donnalee Roberts se jongste romantiese avontuur, Vir altyd.
Dié twee het weer saamgewerk aan ʼn draaiboek wat dié keer die verskillende fases van die liefde onder die vergrootglas neem. Hulle vertolk die hoofrolle van Hugo en Nina in dié fliek.
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om saam met Donnalee en Ivan in Maroela Media se ateljee te kuier en sy het meer uitgevind oor die maak van die fliek. Ivan het ook verklap dat hy so bietjie skrikkerig is vir vlieg en Donnalee het meer vertel oor die droommooi trourok wat ná die maak van die rolprent nooit weer dieselfde sal wees nie.
Die 2 tjies se romcoms is nou al biki afgesaag…
Kan nie wag om dieprent te gaan kyk nie. Glo dit gaan ook net so mooi wees soos Pad na jou Hart. Hulle doen moeite met hul prente en daar is altyd ‘n betekenis agter die prentjie. Pad na jou hart was n mooi storie oor ‘n verhouding tussen n pa en sy seun. Vir Altyd kan dalk mense net twee keer laat dink oor die huwelik en dit is nie die enigste uitweg om op te gee nie. Maak seker die eerste keer wat jy wil he. Jong mense trou te maklik en te gou net om later agter te kom dit was ‘n fout. Altwee van hulle is deur die trauma en ek gun hulle die geluk. Ek hoop dat hulle paadjies bymekaar uitkom.
Ek sien so uit om die fliek te gaan kyk, kan amper nie meer wag nie. Dit gaan ‘n baie mooi fliek wees.