[Foto’s en video] Hond die ster van ‘‘n Pawpaw vir my darling’ se Johannesburgse première

PawPaw-14-Sandy-Cammell-met-Zeus

Sandy Cammell, ‘n afrigter, en Zeus, wat die rol van Tsjaka vertolk. Foto: Esté Meyer Jansen.

Maroela Media het Donderdagaand ʼn draai gaan maak op die rooi tapyt by die bekendstelling van die nuwe Afrikaanse komedie ʼn Pawpaw vir my darling. Hierdie keer was dit egter nie die bekendes en modes wat die kollig gesteel het nie, maar die optelhond, Zeus, wat die karakter Tsjaka in die rolprent vertolk.

Die fliek is ʼn greep uit die lewe van die Beeslaer-familie van Damnville en word vanuit die perspektief van hulle hond, Tsjaka, vertel. Jeanne Goosen het die oorspronklike roman geskryf en die rolprentmaker Koos Roets is die regisseur. Hy het ook gehelp om die draaiboek te verwerk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.