Foto’s: French Toast première

V.l.n.r.: Heléne Lombard, Thierry Ballarin, Lika Berning en Deon Lotz. Foto: Burger Meyer

V.l.n.r.: Heléne Lombard, Thierry Ballarin, Lika Berning en Deon Lotz. Foto: Burger Meyer

Die buitelug-première van die fliek French Toast is Vrydag by die gelyknamige koffiekafee in Hartbeespoort gehou.

French Toast vertel die storie van ʼn fotograaf, Lise le Roux (Lika Berning), wat saam met haar pa op ʼn wynplaas naby Stellenbosch woon. Nadat Lise haar oorlede ma se dagboek opspoor, stel sy vas dat sy ʼn boetie of sussie het van wie sy nooit geweet het nie. Wanneer sy besluit om Frankryk toe te gaan op soek na dié familielid, ontmoet sy Jean-Pierre Baptiste (Thierry Ballarin). Hy stem in om haar te help om die persoon op te spoor, in ruil daarvoor dat sy die foto’s vir sy nuwe kookboek neem.

French Toast begin Vrydag 24 April op die grootskerm draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.