[Foto’s] Jans Rautenbach se ‘Abraham’ bekendgestel

Dann-Jacques Mouton, Franci Swanepoel en Jans Rautenbach deel 'n grappie op die rooi tapyt. Foto: Leonie Bezuidenhout

Dann-Jacques Mouton, Franci Swanepoel en Jans Rautenbach deel ‘n grappie op die rooi tapyt. Foto: Leonie Bezuidenhout

Die bekende rolprentregisseur Jans Rautenbach se laaste prent, Broer Matie, het 31 jaar gelede in 1984 in bioskope gedraai. Nou is hy as 80-jarige terug met sy jongste rolprent, Abraham, wat Woensdagaand amptelik in die Brooklyn Mall Cinema Nouveau bekendgestel is.

Benewens Rautenbach het die akteurs Dann-Jacques Mouton en Chantell Phillipus, wat die rolle van Abraham en Katie Soetland vertolk, die geleentheid bygewoon. Karen Meiring, Ivan Zimmerman en Hykie Berg het ook op die rooi tapyt ’n draai gemaak.

Hannes Muller en Franci Swanepoel, wat die rolle van ‘n jong Jans en Almeri Rautenbach vertolk, was ook daar.

Die rolprent is geskoei op die lewensverhaal van Rautenbach en sy vrou, Almeri, en natuurlik dié van die plaaswerker, Abraham. Dis die verhaal van Abraham wat, terwyl hy vir Rautenbach op die plaas Oulap werk, daarvan droom om ʼn beeldhouer te word. Hy probeer Rautenbach beïndruk met sy kunswerke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.