Foto’s: Kyk wat dra die sterre by die Oscars

Billy Porter (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)

Die Oscars-toekenningseremonie is ʼn geleentheid om dop te hou in die modewêreld, omdat Hollywood se bekendste en beste akteurs byeenkom in een plek om behoorlik te paradeer.

Vir die 91ste Oscars-seremonie het die bekendes by die Dolby-teater in Los Angeles bymekaar gekom.

Vanjaar se modewenners het nie net hul rokke en pakke reg gekies nie, maar hulle was ook die wenners van die gesogte Oscar-beeldjies.

Rami Malek, wat die Oscar vir beste akteur ontvang het, was uitgevat in ʼn klassieke swart Saint Laurent‑pak met ʼn bypassende strikdas.

Aktrise Regina King, wat die Oscar vir die beste aktrise in ʼn ondersteunende rol gewen het, het in ʼn dramatiese wit Oscar de la Renta‑rok geskitter.

Lady Gaga, wat die kategorie vir die beste oorspronklike liedjie gewen het, het ook asems weggeslaan in ʼn gestruktureerde swart Alexander McQueen‑rok wat sy saam met ʼn geeldiamanthalssnoer van R450 miljoen gedra het.

Dit was egter die akteur en sanger Billy Porter wat die koppe laat draai het in ʼn rok-aandpak van Christian Siriano.

Kyk hier hoe die bekendes op die rooi tapyt gelyk het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

elegansie ·

Almal is elegant en stylvol. Behalwe Maya Rudolph in haar oumagrootjie hospitaal nagrok, Melissa McCarthy wat lyk of sy so pas van haar perd afgeklim het, Wine Gum Stephan James en Antie Ruth E. Carter.

leser ·

@elegansie, stem nogal saam met jou, wat ‘n lagwekkende billy porter, wat / wie probeer hy / sy be-indruk

Elsa ·

Die heel laaste uit rusting (Michelle Yeoh) doen dit vir my. Pragtig, elegant en vroulik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.