Foto’s: Première van Hollywood in my Huis

christia-visser-armand-aucamp-2

Christia Visser en Armand Aucamp. Foto: Burger Meyer

Die première van die nuwe plaaslike rolprent Hollywood in my Huis is gisteraand in Johannesburg gehou.

Dié fliek het tydens verlede jaar se Silwerskermfees met drie toekennings weggestap, onder meer vir kenners se keuse vir beste speelfilm asook die gehoorgunsteling vir beste speelfilm by die fees.

Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandie du Randt, Louw Venter en Nicola Hanekom wat almal in die fliek te sien is, het die geleentheid bygewoon.

Hou Maroela Media dop vir ʼn resensie van dié fliek wat op Vrydag 26 Junie geplaas word.

Hollywood in my Huis begin op 26 Junie in teaters draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.