‘Gebore Talente’: ʼn Roeping wat ʼn rolprent geword het

Cordelia en Renier Weideman op die stel van 'Gebore Talente'. (Foto: Verskaf)

Cordelia en Renier Weideman op die stel van ‘Gebore Talente’. (Foto: Verskaf)

Die akteur en rolprentregisseur Renier Weideman was in 2012 nog deeltyds ʼn werknemer by ʼn begrafnisondernemer toe God met hom gepraat en ʼn droom van sy eie rolprent in sy hart wakker gemaak het.

“Ons almal weet God het ’n plan, maar dit is soms moeilik om dit raak te sien,” vertel Weideman. “Met soveel vrae in jou hart wat nooit ophou nie? Hoekom het God my gemaak?”

Hy vertel hy was besig met verfilming aan die fliek Hartsbegeertes en was dié dag nie op stel nie. Terwyl hy in ʼn babakamer gereed gemaak het vir ʼn begrafnisdiens, het God se stem in sy ore opgeklink.

“Daar was sulke mooi prentjies van die Here teen die muur en ek hoor skielik hoe God my vra: ‘Wat sou gebeur as Ek terug kom aarde toe en Ek lyk nie soos daardie prentjies op die muur nie? Sal jy My kan herken? En wanneer Ek kom, wat het jy gedoen met dit wat Ek vir jou gegee het? Jou gebore talente?”’

Weideman vertel hy het bang geraak. “Ek was bang, want wat doen ek met my talente? Hartsbegeertes het die verhaal vertel van hoe God ʼn plan het met elkeen se lewe. Hoe beweeg ek in my roeping wat God my gegee het?”

Daar is die konsep van die fliek gebore. “Dit het 18 maande geneem om alles, van die draaiboek tot die finansiering, in plek te kry. In 2015 het ons begin skiet, meestal in Benoni aan die Oos-Rand. Ons het vir 17 dae aaneen geskiet in skofte van 12 ure. Sondae het ons gerus.”

Bouwer Bosch en Charlie Bouguenon saam met Weideman op die stel. (Foto: Verskaf)

Bouwer Bosch en Charlie Bouguenon saam met Weideman op die stel. (Foto: Verskaf)

Gebore Talente vertel die verhaal van Jeff. Hy het ʼn aanvoeling vir sake, maar mislukking was so ʼn groot deel van sy lewe dat hy nie weet hoe om op te staan nie. Met die hulp van ʼn vriend, ontdek Jeff presies wat sy roeping is. Sarah-Lee kom uit ʼn onstabiele huishouding waar mishandeling die norm is. Hoe staan sy op as sy elke dag skreeu vir hulp, maar niemand hoor haar nie?

Charlie Bouguenon, Bouwer Bosch, Cordelia en Angelique Gerber-Potgieter is in die fliek te sien.

Wen

Drie gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn DVD van Gebore Talente te wen. Vul die onderstaande vorm in om in te skryf. Die kompetisie sluit op Dinsdag 18 September.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.