Golden Globes 2017: Meryl Streep steel kollig

Meryl Streep (Foto: Paul Drinkwater/NBC via AP)

Meryl Streep (Foto: Paul Drinkwater/NBC via AP)

Die 74ste Golden Globe-pryse is die afgelope naweek in Beverly Hills in Kalifornië, VSA, uitgedeel.

Dié toekennings vereer die room van die rolprent- en televisiebedryf.

Hoewel die Amerikaanse fliek La La Land, met die akteurs Ryan Gosling en Emma Stone, met meeste van die toekennings weggestap het, het die veelbekroonde aktrise Meryl Streep vanjaar die kollig gesteel.

Streep is vereer met die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die bedryf en het tydens haar toespraak passievol gepraat oor Hollywood, buitelanders en die media.

Sy het sonder om hom by die naam te noem ook Donald Trump as die verkose president aangespreek.

Ryan Gosling en Emma Stone in La La Land (Foto: Xifinity.com)

Ryan Gosling en Emma Stone in La La Land (Foto: Xifinity.com)

Streep het gesê hoewel talle akteurs vanjaar daarin kon slaag om uitstekende rolle te vertolk, is daar een “vertolking” wat haar tot stilstand geruk het: dié van Trump.

“Daar was ʼn oomblik waar die persoon wat in die belangrikste stoel in hierdie land sit ʼn gestremde verslaggewer nageaap het. Dit het my hart gebreek en ek kan dit steeds nie uit my kop kry nie, want dit was nie ʼn fliek nie, dit was realiteit.

Streep het verwys na Trump wat die verslaggewer Serge Kovaleski, ʼn man met ʼn siekte wat sy gewrigte aantas, nageboots het.

“En wanneer iemand verneder word, veral deur iemand met aansien, gee dit amper toestemming vir ander mense om dieselfde ding te doen. Disrespek lei tot disrespek. Geweld blaas geweld aan. Wanneer iemand in ʼn hoë posisie dit gebruik om te boelie, het ons die stryd verloor,” het sy gesê.

Streep het ook gesê die media speel ʼn belangrike rol om dié gedrag hok te slaan. “Ons moet ʼn beginselvaste media lewend hou om dié in magsposisies verantwoordbaar te hou en elke skande aan die groot klok te hang. Ons moet ons joernaliste beskerm want ons gaan hulle nodig hê op die pad vorentoe.”

Streep is een van vele akteurs wat die afgelope naweek vereer is. Kyk ook wat die sterre by dié geleentheid gedra het. Hier is ʼn volledige lys wenners:

Beste drama
Moonlight

Beste komedie/musiekspel
La La Land 

Beste regisseur
Damien Chazelle, La La Land

Beste akteur (drama)
Casey Affleck, Manchester by the Sea 

Beste aktrise (drama)
Isabelle Huppert, Elle 

Beste akteur (komedie)
Ryan Gosling, La La Land 

Beste aktrise (komedie)
Emma Stone, La La Land 

Beste mansbyspeler (drama)
Aaron Taylor-Johnson, Nocturnal Animals 

Beste vrouebyspeler (drama)
Viola Davis, Fences 

Beste fliek
Damien Chazelle, La La Land 

Beste oorspronklike verhaal
La La Land 

Beste oorspronklike lied vir ʼn fliek
“City of Stars”, La La Land 

Beste animasie
Zootopia 

Beste buitelandse fliek
Elle

Beste televisiereeks (drama)
The Crown 

Beste televisiereeks (komedie/musiekspel)
Atlanta 

Beste kortreeks of fliek vir televisie
The People vs. O.J. Simpson: American Crime Story 

Beste akteur (drama)
Billy Bob Thornton, Goliath 

Beste aktrise (drama)
Claire Foy, The Crown 

Beste akteur (komedie)
Donald Glover, Atlanta 

Beste aktrise (komedie)
Tracee Ellis Ross, Blackish 

Beste mansbyspeler (komedie)
Hugh Laurie, The Night Manager

Beste vrouebyspeler (komedie)
Olivia Colman, The Night Manager 

Beste akteur in ʼn televisie-kortreeks of fliek
Tom Hiddleston, The Night Manager 

Beste aktrise in ʼn televisie-kortreeks of fliek
Sarah Paulson, The People vs. O.J. Simpson

Cecil B. DeMille-toekenning vir lewenslange bydrae
Meryl Streep

Bron: Golden Globes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

giep ·

As sy ie van Trump hou nie is dit haar probleem en nie sy probleem nie.

Grotman ·

Waar is Mel Gibson? Sy film dra baie meer gewig as Lala Land! Meryl is n diva, sy moes n hou of twee in kry op Trump om haar ekstra Dollar te verdien. Ja Trump is ver van perfek en hy doen en se soms stupid goed maar eerder hy as Hillary.

Ella ·

Sy is 100% reg: me Streep beklemtoon dat jy respek moet betoon aan ander, en so respek verdien. Watter voorbeeld stel Trump aan Amerikaners en die wêreld? Haar uitlatings het niks met politiek te doen nie….eerder goeie maniere…en klas…

gerbrandt ·

Vra eerder wat het Hillary vir die Amerikaners beteken. Niks. net oorlog in ander lande en wapens wat sy aan die rebelle verkoop het om meer moord en doodslag uit te voer. Sy voel vere vir die gemiddelde Amerikaner.

Jean ·

Ag asb tog asof celebs nou die meeste kennis van politiek dra. Vreemd hoe hulle altyd sangers en akteurs hulle menings vra .. duh .. Hoekom het julle nie vir Obama gekap oor sy simpatie met ‘n sekere geloofsgroep nie? Een wat baie skade aangerig het, tog word hy as hierdie voorbeeldige president uitgebeeld. Weet julle werklik wat in die binnekringe van die Clintons en Obamas aangegaan het? Trump is al baie jare in die kollig en so het sy skandes en skades uitgekom en nogsteeds glo genoeg mense in hom om hom hulle leier te ge maak het. Niemand gee hom eers’n kans nie, maar kritiseer hom op grond van sy uitlatings op Twitter ens. Dit is nou nie asof Hillary die volmaakte teenstander was nie, better of the two evils? Ek glo Trump gaan min nonsens vat van terroriste wat die land probeer onstabiel maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.