[Wen] ‘Grease’-akteurs wil reünie hou

Grease met Olivia Newton-John en John Travolta (Foto: Grease/Lambeth Council)

Die Amerikaanse aktrise en sangeres, Olivia Newton-John (68), het vandeesweek aan Mirror bevestig sy en John Travolta (63), haar mede-akteur in Grease, snoer kragte saam om die 40ste herdenking van dié fliek te vier.

Grease is in 1978 vrygestel en was ʼn internasionale lokettreffer. Dit het sedertdien ikoniese status bereik.

“Ons dink nog aan maniere om die herdenking te vier, maar het nog niks om aan te kondig nie. Die tyd gaan so vinnig verby – dis baie opwindend,” het sy vertel.

Dit is nie die eerste keer wat Newton-John oor ʼn reünie van dié gewilde fliek praat nie.

In 2016 het sy op ʼn kletsprogram aan Holly Willoughby en Phillip Schofield gesê sy dink al ʼn geruime tyd daaraan om weer al die akteurs bymekaar te kry.

Dit is nog onseker of die vervaardigers en akteurs ʼn opvolg van die fliek sal wil maak en of dit bloot ʼn verhoogproduksie of reünie sal wees nie.

Newton-John het gesê die nuus sal wel bekend gemaak word as al die rolspelers saam ʼn besluit kan maak.

Dié reünie mag ook dalk een van die laaste groot projekte wees wat sy aanpak. Sy het in dieselfde onderhoud gesê sy is nou in ʼn tyd in haar lewe wat sy dinge bietjie rustiger wil vat.

“Elke jaar vir die laaste 20 jaar het ek gedink ek gaan uittree, maar dan kom iemand met ʼn projek wat opwindend lyk. Soos die tyd verloop, dink ek meer daaraan om meer tyd af te hê.”

Sy is ook voltyds betrokke by nie-winsgewende organisasies wat hulself daarvoor beywer om geld vir navorsing en die behandeling van borskanker in te samel.

Newton-John het in 1992 self ʼn stryd teen borskanker gewen.

WEN: Outdoor Cinema gee vyf dubbelkaartjies kaartjies weg om op 7 April ʼn buitelugvertoning van Grease by die Cowhouse Market in Pretoria by te woon. Die deure maak 18:00 oop en die fliek begin om 19:00. Om in te skryf vir die kompetisie, stuur ʼn e-pos aan [email protected] met “Grease” in die onderwerpveld, en vertel ons hoekom jy dol is oor dié rolprent.

Bron: Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Reti ·

Ek was 1ste jaar in Tankotie Tukkies. Ek en my maat het uit koshuis geslip om dit te gaan kyk. Was my lekkerste fliek in hele lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.