Grensoorlogfliek eersdaags op die grootskerm

The Recce is ʼn splinternuwe oorlogsdrama wat op 28 September in fliekteaters landswyd uitgereik word en vertel die verhaal van ʼn jong recce, Henk Viljoen, wat verkeerdelik dood verklaar word in die vyand se kamp.

Hy moet elke hulpbron wat hy het gebruik om by sy ontstelde vrou en gesin uit te kom. Sy famlie veg hulle eie emosionele stryd.

Intussen is die vyand op Viljoen se spoor. The Recce is dus geen gewone verhaal van oorlewing nie. Dit is ook een van die eerste rolprente wat nie net die kwessies van die Grensoorlog aanspreek nie, maar ook die pyn en lyding wat die families van die soldate moes deurmaak gedurende die konflik wat amper 20 jaar geduur het.

Die skrywer en regisseur van dié baanbrekersfliek is Johannes Ferdinand van Zyl. Die rolverdeling sluit van die grootste name in die bedryf, soos Marius Weyers, Albert Maritz, Greg Kriek, Grant Swanby, Christia Visser, Maurice Carpede en Sonni Chidiebere in.

Jac Williams het die fliek deur die Kaapse produksiemaatskappy Man Makes a Picture vervaardig.

The Recce begin op 28 September in fliekteaters landswyd draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ChrisE ·

Ek hoop net die mense wat die fliek gemaak het, het werklike Spes Magte persone en families oor die vervaardiging daarvan geraadpleeg. Dit kan maklik in ‘n propoganda of sensasionele ver-Amerikaanse snert ontaard. Ek was self nie ‘n Spes Magte lid nie, en gee ook voor dat ek een was nie, maar om ‘n fliek daarvan te maak sal groot vernuf verg. ( Goeie vriende wat wel lede was). Sal dit miskien gaan kyk as iemand my ‘n kaartjie koop.

Zirk ·

Ek stem

Net vir onderskeiding, die Verkenningskommando (VK, recce is verkort van die Engelse reconnaissance) was slegs een van n paar Spesmagte eenhede. Ander spesmagte eenhede het oa ingesluit 1 Valskermbattaljon, 32 Battaljon ens.

Titel ·

Zirk, slegs gekwalifiseerde operateurs van die VK word gesien as ‘n spesmag lid en mag die term ‘recce’ gebruik.
Ander eenhede se ‘spes magte’ was dit nie alhoewel hulle jou dit graag sal wil wysmaak.

Chris ·

Hoop nie hierdie film is weer n gewroeg oor was dit die regde ding en hoe onnodig die manne gebruik was om n oorlog in n ander land te veg teen onskuldige vrouens en kinders en wat se snert ookal opgedis word vir die kyker. As dit so is sal ek hierdie vidio maar aanskaf as die outjie met die fiets verby kom. Hy vra gewoonlik R10.00. Want julle sien n recce in my oë is n kampioen.

tamboti ·

Ek kan beskuldig word van vele karakter en persoonlikheids gebreke, swak smaak en armoede ook! Maar dit is teen my beginsels om daardie roof dvd’s te koop, of cd’s of nagemaakte klere “brands”.
En dit is ook teen my beginsels om te diskrimineer, sonder goeie rede natuurlik.

JAN ·

Hierdie werk mag ons redding wees. Geestelik en siellkundige opstanding uit die doodse diaboliese propaganda van 5 dekades om nie trots te mag wees op ons ongeëvenaarde prestasies.
Ons agterlike kommin Ampie Faan en vd Merwe grappies is sadistiese pret ten koste van die Volk , pleks van die verskynsel . is te lank die vernederende standaard van ons eie Media propaganda.
Laat ons die offers en trane en smart en totale prys nooit maar nooit vergeet nie
Want ons het is bitter duur gekoop. Helse prys

De Wet ·

As enige iemand wil weet wat die ou Spesmag lede werklik deurgemaak en gedoen het gaan lees asb die volgende boeke: RECCE deur Koos Stadler en Ystervuis uit die See (See waartse Recce operasies 1978 – 1987) deur Douw Steyn & Arne Soderlund. Puik & briljant.

Piet Pompies ·

Oud lede van die weermag met ervaring gaan die fliek tegnies vergelyk met hul eie kennis. Ek het na die trailer gekyk en gesien dat die habitat waar die fliek geskiet is nie dieselfde is as Namibia. Wel, ons gaan hom kyk en waarskynlik geniet, Oupa gaan saam sy kleiseun fliek, my soldaat (kleinkind) geniet die weermag gesprekke.

Flippie ·

Die flora het ook nie vir my bekend gelyk volgens die dele van Namibië en Angola waarmee ek vertroud is nie. Ek weet egter nie hoe lyk bv Mosambiek waar VK ook baie operasies uit gevoer het.

Ek vertrou egter die fliek is lewensgetrou en nie revisionistes nie. Te oordeel aan die uniforms en wapens in die lokfilm lyk dit of sekere navorsing gedoen is.

Elsa ·

Née wat. Pass. My oorlede pa het gesê : Los die verlede waar dit hoor – in die verlede. Daar is te veel onskuldige mense in die WW II dood.
So was dit met die weermag en Recce op ons grense..

Flippie ·

Dis nie n wyse siening nie.

Wie die geskiedenis ignoreer is gedoem om dit te herhaal. Ons moet die verlede van tyd tot tyd besoek om daaruit te leer.

Flippie ·

Die Grensoorlog was byna 24 jaar lank, nie byna 20 jaar nie soos die artikel dit stel. Die laaste paar jaar was die mees intense met die semi-konvensionele konflik teen Kubaan se magte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.