Grootskerm: Agent 2000 is die nuwe Swartkat

Paul Loots is Agent 2000 wat tans in teaters te sien sien is.

Paul Loots is Agent 2000 wat tans in teaters te sien sien is.

ʼn Video van die première en lokprent van Agent 2000 volg onderaan die berig.

Tienerliefde, ʼn geheime agent, katoeters en ʼn boelie genaamd die Laksman… Dít is alles te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Agent 2000.

Die fliek herinner kykers aan die televisieprogram Swartkat, wat tussen 1986 en 1995 gewys het. Agent 2000 is gemik op tieners, maar die vermaaklikheidswaarde daarvan gaan aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Paul Loots, wat voorheen te sien was in Roepman, vertolk die rol van Walter du Toit oftewel Agent 2000. Walter ontvang tuisonderrig, maar wanneer sy hulp ingeroep word om ʼn boelie genaamd die Laksman te ontmasker, moet hy die rol van ʼn gewone graad agt-leerling aanneem.

Ander bekendes wat in die rolprent te sien is Shaleen Surtie-Richards, Amalia Uys en Hannes Brummer.

 Agent 2000 is tans in teaters te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.