Grootskerm: Pad na jou hart

Pad na jou Hart begin op 14 Februarie by teaters draai. Foto: Pad na jou Hart Facebook-blad

Pad na jou hart begin op 14 Februarie by teaters draai. Foto: Pad na jou hart Facebook-blad

ʼn Lokprent van die rolprent en ʼn video van die première volg onderaan die berig.

Die romantiese avontuur-film Pad na jou hart is eersdaags op die grootskerm te sien.

Basson van Rensburg (Ivan Botha) is ‘n suksesvolle sakeman wat sukses en geld najaag ongeag wat die gevolge is. Wanneer sy pa sterf gee hy vir Basson die geleentheid om hoof uitvoerende direkteur van die familiebesigheid te word, mits hy betyds is vir sy begrafnis in die Kaap. Sy pa stel vir hom ʼn reeks take op om af te handel voordat hy in die Kaap kom en só ontmoet Basson vir Amory (Donnalee Roberts). Die twee pak dan die 3 300km Kaap toe aan in ʼn Ford Anglia, elkeen met sy eie agenda.

Roberts en Botha vertolk nie net die hoofrolle nie, maar hulle is ook die skrywers en mede-vervaardigers van die fliek. Volgens Roberts was dit vir hulle belangrik om ʼn storie te skryf met integriteit en hart. “ʼn Storie wat dit amper onmoontlik vir enigeen sou maak om onaangeraak by die teater uit te stap,” sê Roberts.

Pad na jou hart spog met ʼn kombinasie van jong en gevestigde akteurs onder andere Hélène Truter, Marius Weyers en Marcel van Heerden. Francois Jacobs (onlangs te sien in Donkerland) en Solomon Cupido (As jy sing) wat die rol van Basson se nefies vertolk, is waarlik toneelstelers en gaan die gehoor laat skater van die lag.

Maroela Media het ʼn draai by die prèmiere van Pad na jou hart gemaak en by ʼn paar bekendes uitgevind wat hulle van die rolprent dink.

Pad na jou hart begin op 14 Februarie by teaters draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.