ʼn Video van die première asook ʼn lokprent van Vrou soek boer volg onderaan die berig.
Vrou soek boer is ʼn romantiese komedie en vertel die storie van Mareike Viljoen (Lika Berning) wat besluit om haar lewe in die stad te verruil vir een op die platteland. Sy trek sak en pak na Wakkerstroom waar daar ʼn bakkery wat sy onlangs geërf het, vir haar wag.
Die plattelandse lewe is egter nie so idillies as wat Mareike aanvanklik gedink het nie. Om dinge te vererger, ontwikkel daar ʼn liefdesdriehoek tussen haar, Stander (Bok van Blerk) en een van die boere, Neil (Nico Panagio).
Ander bekendes wat ook gesig wys is Marga van Rooy, Anrich Herbst en Hennie Smith.
Vrou soek boer begin vandag in teaters draai.