Hier is die 2015 Oscar-benoemings

"The Grand Budapest Hotel" is in nege kategorieë benoem vir die 2015 Oscar-toekennings. Foto: The Academy, Facebook

“The Grand Budapest Hotel” is in nege kategorieë benoem vir die 2015 Oscar-toekennings. Foto: The Academy, Facebook

Die nominasies vir die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is gister bekend gemaak en Birdman en The Grand Budapest Hotel het albei nege nominasies ontvang.

The Theory of Everything wat die verhaal van Steven Hawking vertel, is in vyf kategorieë benoem, onder meer vir beste rolprent en beste verwekte draaiboek.

Steve Carrel (Foxcatcher), Michael Keaton (Birdman), Bradley Cooper (American Sniper), Benedict Cumberbatch (The Imitation Game) en Eddie Redmayne (The Theory of Everything) is almal genomineer vir beste akteur terwyl Marion Cotillard (Two Days, One Night), Rosamund Pike(Gone Girl), Felicity Jones (The Theory of Everything), Reese Witherspoon (Wild) en Julianne Moore (Still Alice) vir beste aktrise benoem is.

Die Oscar-toekennings vier jaarliks die beste in die filmbedryf en word op Maandag, 23 Februarie op DStv kanaal 103 in die vroeë oggendure uitgesaai.

Vir ʼn volledige lys van die benoemings gaan loer gerus hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.