Daar is net ʼn bietjie minder as vyf weke oor voordat die nuwe Afrikaanse romantiese komedie, Hollywood in My Huis, teaters landswyd tref. Esté Meyer Jansen het die kans gehad om met Louw Venter, een van die akteurs in die rolprent, te gesels.
Louw het verduidelik dat Hollywood in My Huis beslis nie ʼn gewone Afrikaanse romantiese komedie is nie, maar ʼn fliek met ʼn hart. Louw het ook meer vertel oor die Afrikaanse rolprentbedryf se groei oor die laaste paar jaar.
Hier is die musiekvideo van Joshua na die Reën se temaliedjie “My alles” vir dié fliek:
Kyk ook hier na die lokprent van Hollywood in My Huis: