Hollywood skuur weer skouers met SA

Katie McGrath en Brümilda van Rensburg is te sien in die rolprent "Leading Lady". Foto: Verskaf.

Katie McGrath en Brümilda van Rensburg is eersdaags te sien in die rolprent “Leading Lady”. Foto: Verskaf.

Plaaslike akteurs gaan binnekort saam met Hollywood-sterre op die Suid-Afrikaanse silwerdoek te sien wees.

Henk Pretorius, skrywer en regisseur wat bekendheid verwerf het met rolprente soos Fanie Fourie’s Lobola en die Bakgat-reeks, se nuwe projek Leading Lady word later vanjaar uitgereik.

In dié rolprent speel plaaslike sterre soos Brümilda van Rensburg en Bok van Blerk teenoor die internasionale akteurs Katie McGrath (onlangs te sien in die reeks Dracula) en Gil Bellows (The Shawshank Redemption).

Leading Lady vertel die storie van ʼn jong Britse aktrise wat aanklop by ʼn boer in Brandfort in die Vrystaat om haar te help met voorbereiding vir ʼn rol in ‘n Hollywood-rolprent as ʼn Afrikaanse oorlogsheldin. In ruil daarvoor kan sy die jaarlikse konsert, wat op die boer se plaas gehou word, reël.

Leading Lady word na verwagting einde November uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.