Hollywood-sterre in Namibië vir nuwe fliek

Tom Cruise (Foto: Facebook)

Tom Cruise (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse akteurs Tom Cruise en Russel Crowe het pas begin met die verfilming van hul jongste fliek, The Mummy, in Namibië.

Die akteurs word vergesel deur Annabelle Wallis en Courtney Vance, wat ook rolle in die fliek vertolk.

Verfilming van The Mummy het glo verlede week reeds begin.

Sean Daniel, die vervaardiger, het in ʼn verklaring gesê die fliek word verfilm in tien verskillende gebiede naby Walvisbaai, net ʼn klipgooi van Windhoek af.

Daniel sê sowat 600 bemanningslede is by die maak van dié fliek betrokke, van wie bykans 200 Namibiërs is.

“Namibië het ons met ope arms verwelkom. Dit is net te danke aan die harde werk van die Namibiese span en hul gasvryheid dat ons in staat is om die projek te voltooi,” het hy gesê.

Die nuwe weergawe van The Mummy handel oor ʼn antieke koningin wat weer lewend word en wil wraak neem ná haar dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Maar dit is soos ek die Suidwesters leer ken het. Wit EN swart is jou goedgesind EN praat maar AFRIKAANS wat nie aanstoot gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.