Is jy reg vir ʼn rol in ‘Vaselinetjie’, die fliek?

Foto: www.pixabay.com

Foto: www.pixabay.com

Die voorvervaardiging vir die fliek gegrond op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek, Vaselinetjie, het pas begin en oudisies vir jong akteurs vind binnekort plaas.

Vaselinetjie handel oor die grootwordjare van Helena Bosman, ʼn meisie met die bynaam Vaselinetjie wat deur haar bruin grootouers grootgemaak is, maar dan in ’n weeshuis beland omdat sy wit is. In die weeshuis moet sy haar naïwiteit staak om haar eie oorlewing te verseker.

Sy raak verlief op Texan Kirby, ʼn aantreklike en vurige seun in die weeshuis. Dié ontmoeting noop haar om te besin oor haar herkoms.

Die rolprentspan spring eersdaags weg met ’n landwye soektog na akteurs om die rolle van die hoofkarakters te vertolk. Hulle is op soek na meisies tussen die ouderdomme van sewe en 22 jaar en seuns tussen die ouderdomme van tien en 13 jaar en ook tussen 16 en 22 jaar. Die perfekte akteurs is lig van gelaat en het donker hare.

Die inligting oor die oudisies:

Johannesburg
16, 17 en 18 Feburarie
Plek: The Film Factory, Northcliff Atrium, Beyers Naudé-rylaan 189, Northcliff

Kaapstad (Stuur ’n e-pos aan [email protected] om te bevestig)
26 en 27 Februarie

Noord-Kaap (Stuur ’n e-pos aan [email protected] om te bevestig)
Upington: 1 Maart
Springbok: 2 Maart
Calvinia: 3 Maart

Kontak die rolprentspan deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ryan ·

Hi I am exceptionally interested in auditioning, I would just like to know where will the audition be taking place? As well as what we need to prepare for the audition.

Kind Redgards
Ryan

Sune van Heerden ·

Hi Ryan

As stated in the article, please contact the producers by sending an e-mail to [email protected].

Best regards
Suné
obo Maroela Media

Sune van Heerden ·

Hi Ryan

Please note, as the article states, the auditions were only open between February and March.
Please contact the film crew at [email protected] – the contact details provided in the article.

Best regards
Suné
obo Maroela Media

Nicola Nel ·

Ek stel baie belang in n oudisie in Kaapstad 26 of 27 Februarie. Kan u my asb laat weet of daar nog plek is en wat ons alles moet voorberei.
Dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nicola

Volg gerus die inligting in die berig en kontak rolprentspan deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karen Woudberg ·

Ek wil baie graag inskryf vir die oudisie in springbok. is daar nog plek, en is daar n leesstuk om voor te berei?

Sam De Waal ·

Hi

My naam is Sam De Waal.Wil graag net my terleursteling uit spreek.My kliënt ,Shannon Williams het twee week gelede n bespeking vir Kaap Stad odisies gemaak…Sy het Maandag die 22ste n e-pos ontvang wat beweer dat odisies vol bespreek is maar toe Sy bestemming doen was daar minder as 20 mense vir Kaap Stad op odisie Lys.Is daar nie n moontlikheid dat Sy n kans gegee word vir odisie nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.