ʼn Videogesprek met Jaco Jacobs en ʼn lokprent vir die fliek volg onderaan die berig.
As jy ʼn aanhanger van die jeugboek Suurlemoen was, kan jy gerus die fliek gaan kyk wat op dié boek gebaseer is.
Suurlemoen – Die film is tans op die grootskerm te sien en spog met ʼn paar bekende gesigte soos Tiaan Kelderman (Lien se Langstaanskoene), Chris Chameleon en Anna Davel.
Jaco Jacobs is die skrywer van die boek en Maroela Media het tydens die 2014 kykNET Silwerskermfees met hom gesels om te hoor wat hy van die rolprent dink.
Ek en my jongste het n pa&dogter fliek aand gehou en Suurlemoen gaan kyk. Ons het dit werklik baie geniet. Neem gerus die hele gesin mens lag lekker en stort n traan of twee
Die musiek sluk die dialoog van die lokprent heeltemal in. Dit kort ernstige aandag.