‘Johnny is nie dood nie’ – nou op Showmax te sien

Elke Suid Afrikaner behoort dié fliek te kyk wat met sewe Silwerskerm Filmfees–toekennings spog insluitende “Beste Film”.

Johnny is nie dood nie is skrywer-regisseur Christiaan Olwagen se eerste vollengte film, en word deur resensente as “grensverskuiwend” en “briljant” beskryf. Dit het ook verskeie toekennings by die Silwerskermfees ingepalm. Nou kan Showmax-intekenare wat oorsee woon ook sien waaroor die bohaai gaan: die fliek sal vanaf 18 Maart op Showmax beskikbaar wees vir jou kykplesier op Slim TV’s, tablette, slimfone of rekenaars.

Die fliek fokus op vyf karakters wat in 1987 en ’88 studente is op Stellenbosch, en die kulturele rewolusie van die Voëlvry-beweging meemaak. In 2002, kort nadat Johannes Kerkorrel homself om die lewe gebring het, ontmoet hulle weer en onthou die verlede.

Die fliek is gegrond op Malan Steyn se drama Eet alles, wat later herdoop is as Johnny is nie dood nie, en die rolverdeling sluit blink jong sterre soos Rolanda Marais, Albert Pretorius, Ludwig Binge, Ilana Cilliers en Roelof Storm in.

Alhoewel dit nie pertinent oor die lewe van Johannes Kerkorrel gaan nie, maak die fliek verwysing na kunstenaars soos Kerkorrel, Bernoldus Niemand en Koos Kombuis, en hulle invloed op die onstuimige jare voordat verandering na Suid-Afrika gekom het. As jy deur daardie tyd geleef het of die tydperk wil verstaan, is hierdie die fliek vir jou.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.