Leading Lady: Bok van Blerk gaan maak ‘n draai by gewilde sepie

Bok-van-Blerk-in-Nagskof-by-Binnelanders

Bok van Blerk en sy orkes is Vrydagaand in Binnelanders te sien, waar hy optree in die reeks se gewilde kuierplek, Nagskof. Foto: Lili du Toit

Bok van Blerk is genooi om hierdie Vrydag n verskyning te maak in Binnelanders vir ‘n verrassingsoptrede in die sepie se kuierplek, Nagskof.

Die sanger en akteur gaan Suid-Afrika vermaak deur die temalied van die nuwe fliek, Leading Lady, waarin hy die rol van Kobus Willemse vertolk, te sing.  Bok is darem nie vreemd op die stel nie, want Robbie Wessels se karakter in Binnelanders, Kobus Marais, is goed bevriend met die sanger en akteur.

Die beste kom nog, want wanneer Bok die liedjie, Soutwater, sing wat geskryf is deur Hunter Kennedy en Fred den Hartog, is dit nie die enigste verrassing wat op die karakters van Binnelanders in Nagskof wag nie.

Kyk gerus Binnelanders Vrydagaand 28 November om 19:30 op KykNet en onthou dat Leading Lady op dieselfde dag in teaters landwyd begin draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.