Leading Lady: Hollywood-akteur kom kuier in Johannesburg!

Gil Bellows en Brümilda van Rensburg op die stel van Leading Lady. Foto: verskaf

Gil Bellows en Brümilda van Rensburg op die stel van Leading Lady. Foto: verskaf

Die Kanadese akteur, Gil Bellows, gaan binnekort in Suid-Afrika kom kuier en skouers skuur met van ons beste plaaslike akteurs.

Bellows is binnekort in die nuwe plaaslike rolprent Leading Ladyte sien en het onlangs bevestig dat hy die première van die rolprent in Johannesburg gaan bywoon.

Hy is hoofsaaklik bekend vir sy rolle in The Shawshank Redemption en die televisiereeks Ally McBeal, maar hy was ook meer onlangs in die fliek Parkland (2013)te sien saam met onder andere Zac Efron en Billy Bob Thornton. Hy vertolk ook die hoofrol in The Calling (2014) teenoor Susan Sarandon.

In Leading Lady vertolk die Emmy-bekroonde Bellows die rol van Daniel Taylor teenoor nóg ʼn groot internasionale akteur, Katie McGrath en saam met ons eie Brümilda van Rensburg en Bok van Blerk.

Bellows het homself tot Twitter gewend om sy opgewondeheid te deel:

Maroela Media is met trots die mediavennoot van die skreeusnaakse rolprent, Leading Lady. Die fliek word landswyd op 28 November vrygestel, maar loer gerus solank na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.