Leon se resensie: Parallel Mothers

Parallel Mothers **** (in teaters)
Met Penélope Cruz en Milena Smit
Regisseur: Pedro Almodóvar

Dit is enige ma se ergste nagmerrie – dat iets in die hospitaal kan skeefloop waar sy geboorte skenk aan haar baba, veral omdat sy enkellopend is. Saam met haar in die hospitaal is nóg ʼn enkellopende ma, en dié twee vroue gee op presies dieselfde tyd geboorte aan hul babas. ʼn Mens wil nie verdere geheime hier verklap nie, anders kan dit die rolprent vir voornemende kykers bederf.

Hierdie is meer as ʼn blote kunsrolprent vanweë die aangrypende storie en die wrede kinkel wat die storie maak. Dit is in Spaans met Engelse byskrifte, maar moenie dat dit jou afskrik nie. ʼn Mens raak gou daaraan gewoond, en om te sien hoe hierdie drama hom voltrek, en die onverwagse wendings wat intree, maak die prys van ʼn fliektoegangskaartjie absoluut die moeite werd. Onthou, jy kan dit slegs in fliekteaters sien.

Boonop speel Penélope Cruz en Milena Smit so oortuigend en deurleef, dat ʼn mens nie anders kan as om vir albei ma’s simpatie te hê nie, al gebeur wát tussen hulle. Die film bevat ook al die karaktertrekke en eienskappe van Almodóvar se vorige trefferrolprente.

Sterk aanbeveel as ʼn romantiese melodrama wat die hartsnare sal roer.

Die fliek is vanaf 31 Desember 2021 by Ster-Kinekor te sien.

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.