Leon van Nierop se resensie: A dog’s way home

A DOG’S WAY HOME ***  (7/10)
Met Jonah Hauer-King en Ashley Judd
Regisseur: Charles Martin Smith

Een ding is verseker: die sterre van die rolprent is sonder twyfel die hond (of brakkies?) wat die hoofrol(le) speel, en die honde-afrigters. Hierdie pragtige storie, wat op 12 April begin, maak op waar Dumbo effens teleurgestel het. Dit is absoluut op kinders, en veral diereliefhebbers, gerig, en ʼn mens kan net hoor hoe dikwels Mamma gaan sug: “Haai foeitog, Ma-a-a,” wanneer daardie brakkie se gesiggie met haar leepogies na ʼn mens staar, en om simpatie soebat, en die lang reis wat sy moes onderneem.

Dit gaan oor ʼn hond wat van haar eienaars geskei word (waaronder die aantreklike en energieke Johan Hauer-King), en dan meer as 500 kilometer ver te voet/poot moet reis om terug te gaan huis toe.

Die natuurlike “spel” van die hond verstom ʼn mens. Maar dit gaan nie net hier oor ʼn fraai en oulike brakkie wat na haar menslike Pappa en Mamma toe gaan nie, maar oor ongelooflike dapperheid, en tot watter uiterste ʼn hondjie sal gaan om met haar gesin herenig te word. Sterk aanbeveel as vermaak wat kinders behoort te fassineer en wat enige hondeliefhebber in sy of haar springmielies sal laat snik. Dit is sy geld werd.

Die fliek wys binnekort by SterKinekor en NuMetro

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janine ·

Die fliek wys ook uitstekend hoe daar teen sekere honderasse gediskrimineer word! M.a.w., die PITBULL. Een woord wat soveel rasse insluit, dat diegene met opregte veghonde, permanent na ander se ‘rantings and ravings’ moet luister. Hope PITBULL aanvalle die laaste ruk, maar geen fotos, geen DNA wat dit bewys….

Cora Simpson ·

Danke Leon. Ek mis nie hierdie fliek nie. Ek dink ons ouens van oor 75 sal dit geniet ssam met almal van bab tot ouer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.