Leon van Nierop se resensie: Black and Blue

Black and Blue  ***
Met Naomi Harris en Mike Colter
Regisseur: Deon Taylor

Dit is ironies dat hierdie rolprent ook spog met ʼn vroue-protagonis, en sy is eweneens rateltaai. Maar ons gee om wat met haar gebeur. Al is sommige tonele oordoen en ontsnap sy net twee keer te veel van koeëls, is die storie meer relevant en lewer beter sosiale en politieke kommentaar as een los draadjie in die Terminator se robottoon.

Dit gaan oor ‘n swart polisievrou (vandaar die rolprent se titel) wat in ʼn afdeling van die New Orleanse polisie beland en besef: feitlik al haar kollegas is chauviniste in hul blou uniforms. Maar nog erger: sy krap korrupsie oop en besef dat dié manne maklik omgekoop word deur dwelmsmokkelaars.

Sy is nie veronderstel om daardie noodlottige dag op hierdie skof te wees nie. En wanneer sy die ooggetuie van ‘n teregstelling word, besef sy dat haar dae in die blou uniform, en haar pos as een van die enigste vroue in die departement, in sy peetjie is. Die vraag is: gaan sy dit oorleef?

Naomie Harris speel uitmuntend, en skop tjop-tjop stof in die macho-antagoniste se chauvinistiese oë. Wat egter werk in haar spel is haar menslikheid. Nie dat sy weerloos is nie – alles behalwe! Maar ‘n mens kry haar jammer omdat sy teen so ‘n oormag moet veg. En gaan sy lewendig anderkant uitkom?

Black and Blue is beter (en taaier!) as wat jy verwag. Jy kan liewer R80 hierop uitgee voordat die Terminators jou aan die slaap sus.

Die fliek wys tans by SterKinekor en NuMetro

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johnny ·

Nee wat. Smaak verskil. Vandat James Bond nou getransformeer is na n swart vrou, kyk ek maar die wit akteurs solank hul nog met ons is. Al word hul as tweede rangs afgemaak en kry ook deesdae net die rolle van boewe.
LMGA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.