Leon van Nierop se resensie: Little Italy

Little Italy ** 5/10  
Met Hayden Christensen en Emma Roberts
Regisseur: Donald Petrie

Amerikaanse rolprente spot graag met Italianers en beeld hulle dikwels as oordrewe stereotipes uit. Die handgebare, flambojante manier van praat, passie en buitensporige energie sorg verder dat Italianers nie altyd goed in rolprente daarvan afkom nie.

In hierdie romantiese komedie is die grootste struikelblok dat die twee Amerikaanse akteurs, Hayden Christensen en Emma Roberts, nie eintlik by die res van die vurige rolverdeling inpas nie. Dit is veral Christensen wat maar swaar dra aan sy heldeskap. ʼn Mens mis sjarme en charisma in sy vertolking, wat beteken dat Emma Roberts nie noodwendig ʼn oortuigende held het om op verlief te raak nie.

Die storie sal geen eise aan jou logika stel nie. Twee pizzawinkels/restaurante in New York se Little Italy kompeteer teen mekaar. Dit plaas natuurlik erge druk op die families om te bewys wie die beste is en wie die meeste kliënte kan trek.

Die romanse vat nooit behoorlik vlam nie, maar as jy verveeld is en daar wys niks anders wat die moeite werd is nie, kan hierdie onder-gemiddelde romantiese komedie seker 2 ure beter vul as om tussen winkels rond te dwaal!

(Filmfinity)

Die fliek vertoon tans by SterKinekor en NuMetro

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.