Leon van Nierop se resensie: The Forgiven

The Forgiven    ****  (8/10)
Met Forest Whitaker en Eric Bana
Regisseur: Roland Joffé

Uit dieselfde stal as die polities-gelaaide meesterstukke The Mission en The Killing Fields kom hierdie aangrypende en onthutsende drama oor Suid-Afrika wat in die vroeg negentigerjare op die rand van ʼn burgeroorlog gehuiwer het. Die Waarheids- en Versoeningskommissie hoor die pleidooie en getuienis van mense wat hulle skuldig gemaak het aan misdade of erge menslike marteling. Die Kommissie moet dan besluit of die oortreders en veral polisie- en weermagoffisiere amnestie en vergiffenis gaan kry. Die probleem is net: die ouers of kinders van die slagoffers van al die brutale martelings moet dan luister na wat gebeur het, en dit in hul harte vind om die mense in die getuiebanke te vergewe.

Midde-in is die rustige en vergewingsgesinde, maar ook wyse emeritusaartsbiskop Desmond Tutu (Forrest Whitaker wat oortuig) en wat probeer om nugter en oopkop na die getuies te luister, en wat saam met die gefolterdes (aan beide kante van die gereg) huil. Dit is hier waar die rolprent ʼn unieke en skokkende beeld skep van wat alles agter geslote deure gebeur het, veral wanneer Tutu in aanraking kom met ʼn rassis wat talle swart mense vermoor het, gespeel deur Eric Bana. Hoe die twee manne mekaar beïnvloed en emosioneel raak, vorm die ruggraat van hierdie rolprent wat jou dikwels koud laat word wanneer jy besef in watse chaos ons land destyds was en hoeveel haat daar geheers het.

Wees gewaarsku: dit gaan jou laat debatteer, sekere standpunte inneem, en skok met sy realistiese taalgebruik. Maar uiteindelik sal jy nie onaangeraak hier uitstap nie.

Uitstekend met verbluffende goeie spel, maar uiters oorbluffend.

Die fliek wys tans by SterKinekor en NuMetro

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Walter ·

Tot die klomp Amerikaanse liberale begin flieks maak oor watse gemors die ANC van ons land gemaak het, voor, en na die verkiesing, kan hulle maar hulle propaganda druk. Ek is nou al bietjie moeg om te sien hoe sleg die Afrikaner is op die groot skerm. Jammer.

Stem saam ·

Walter ek stem volkome saam met jou, ek is al net so moeg om te lees hoe sleg ons is en was, maar niemand maak films oor wat goed ons vir die land gedoen het nie, of die blankes wat vir die ander kleuriges omgegee het en geveg het en vir hulle gesorg het soos nog n familie lid nie, nee dit sal die appelkar om gooi en die hele agenda van anti- Afrikaners breek.
Niemand doen moeite om resensies te doen op Lauren Southern se dokumentêr oor plaasmoorde nie, inteendeel dit haal nie eers die media nie. Alles word net onder ‘n mat ingevee, maar laat n nie-blanke net sy toon stamp dan word daar ‘n berig geplaas oor hoe dit apartheid se skuld is dat hy nie kan kyk waar hy loop nie….
So moeg om onwelkom in my eie land te voel.

Afrikaanse Knaap ·

Ek sal dit graag wil kyk. Ek hoop die fliek het ‘n definisie van ‘n “rasis” in.

Haan ·

Net gougou nog n boek of nog n fliek uibring om almal te herinner hoe sleg blankes en veral Afrikaners in SA was en is… Siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.