Leon van Nierop se resensie: The Hardy Boys

The Hardy Boys
Met Rohan Campbell en Alxander Elliot
Skepper vir televisie: Steve Cochrane

Om bietjie balans na die resensies te bring, ʼn skadelose reeks waarna jou kinders, onder jou toesig, met vrymoedigheid kan kyk. Dis ʼn soort Engelse Trompie-reeks, en handel oor twee boeties wat die dood van hul ma probeer oplos. Maar in die proses stel hulle hul eie lewens in gevaar.

Die seuns is aanvanklik nogal ernstig, dus moenie te veel grappies in die tradisie van Trompie en Blikkies en Dawie en ou Rooie verwag nie. Want die moord op jou ma is geen kinderspeletjies nie. Maar die metodes wat hulle gebruik, deur hul breinselle te gebruik en nie altyd toe te laat dat hul emosies of woede oorneem nie, is die reeks se sterkpunt.

Dit is genotvol, soms kostelik maar ook dramaties en wys hoe seuns mans word. Maar ook dat kinders dikwels soos grootmense moet dink om sake op te los of by die waarheid uit te kom. En die karakters is, in die meeste gevalle, mense met wie ons identifiseer en van wie ons hou. Maar wanneer dit by ʼn ondersoek kom, moet nugterheid gehandhaaf word.

Aanbeveel vir die hele gesin mits Pa en Ma bysit.

Op Showmax te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.