Lokprent: Frans en Kie. weer terug in ‘Klein Karoo 2’

Vir langer as agt jaar wag aanhangers van die rolprent Klein Karoo om uit te vind wat sedertdien in die lewens van Frans, Cybil, Bongi, Jackie en die res gebeur het.

Die wag is uiteindelik verby en Klein Karoo 2 sal van 15 Desember op DStv Box Office te sien wees.

Frans, ’n 38-jarige dokumentêre regisseur, word gedwing om ʼn tree terug te gee en sy lewe te herevalueer nadat hy vir die tweede keer voor die kansel gelaat is.

Hy kom gou agter dat dinge eintlik erger kan word – op pad terug, nadat hy ontdek het dat hy ʼn breingewas het, stop Frans langs die pad om Chloë, ʼn beeldskone boer wat besig is om ʼn heining reg te maak, te help. Sy vertel hom dat al die boere in die Karoo-omgewing sukkel omdat hulle vee gesteel word. Dit is ʼn groot bekommernis omdat hul lewensbestaan in gevaar is.

Sonder om dit te weet, probeer Frans vir Chloë red deur in te spring en ʼn lig op die probleem te werp deur ʼn dokumentêr te maak oor die verskriklike voorvalle wat die boere in die gesig staar. Bongi en Jackie, saam met Tarryn, die direkteur van fotografie, moet almal help om die dokumentêr te laat realiseer.

Frans is bang en versigtig omdat sy hart pas weer gebreek is, maar dit is duidelik dat daar aantrekkingskrag tussen hom en Chloë is. Terselfdertyd bring Frans meer tyd saam met Jackie deur en ontdek ʼn kant van haar wat hy nie ken nie. Hy identifiseer met haar kuns en kan nie ontken dat sy hart ʼn bietjie vinniger laat klop as wat hy wil herken nie.

Die regte soort liefde kom net een keer in ʼn leeftyd. Sal Frans probeer om nog ’n vrou te red, of sy hart volg na waar hy verlang word?

Die rolprent is vervaardig deur SCENE23, ʼn produksiemaatskappy onder leiding van Deon Meyer, Tim Theron, Cobus van den Berg, Tracey Lange en Jorrie van der Walt.

Die rolverdeling sluit in onder andere Tim Theron, Leandie du Randt, Sisanda Henna, Nicole Fortuin, Marciel Hopkins en meer. Die draaiboek is geskryf deur Lize Vosloo, en Liezl Spies is die regisseur.

Kyk hier na die lokprent vir Klein Karoo 2:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chantel

Kan nie wag nie!! Dankbaar vir KykNet

Peter Pan

Het nog nie eers die eerste een gekyk nie hahahaha