Lokprent vir ‘Frozen 2’ is hier

‘n Skermskoot uit die lokprent.

Disney het die lokprent van Frozen 2 bekendgestel en dit is binne ʼn paar uur reeds miljoene kere gekyk.

Die lokprent van amper twee minute is al meer as tien miljoen keer gekyk op YouTube. Frozen 2 sal in November in teaters begin draai en is ʼn opvolg op die uiters suksesvolle eerste rolprent wat in 2013 uitgereik is. Frozen is die animasierolprent was die meeste nóg by die loket verdien het.

Idina Menzel is weer die stem agter die hoofkarakter Elsa en Kristen Bell hervat haar rol as Elsa se suster, Anna. Jonathan Groff en Josh Gad hervat ook hul stemrolle as Kristoff en Olaf. Uit die lokprent blyk dit dat daar twee nuwe karakters aan kykers bekend gestel sal word en volgens berigte is Evan Rachel Wood en Sterling K Brown die stemme agter dié nuwe karakters.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.