Luister: Afrikaanse riller bekyk die psige van ʼn reeksmoordenaar


die-ontwaking-juanita-de-villiers

Juanita de Villers vertolk die rol van die speurder Ella Nesser. Foto: Facebook.

Die Afrikaanse sielkundige riller, Die Ontwaking, verken hoe gemeenskappe getraumatiseerde individue kan oplewer wat hulle uiteindelik tot gewelddadige gedrag wend en selfs psigopate word.

die-ontwaking-jaco-muller

Jaco Muller op die stel van ‘Die Ontwaking’. Jaco vertolk die rol van Andy Collipepper, ‘n joernalis. Foto: Facebook.

Twee van die akteurs wat te sien is in Die Ontwaking het in Maroela Media se ateljee kom kuier om oor die fliek te gesels. Juanita de Villiers vertolk die rol van die jong speurder, Ella Nesser en Jaco Muller is as die joernalis, Andy Collipepper, te sien. Esté Meyer Jansen wou by hulle weet of hulle dink Suid-Afrikaners is reg vir ʼn Afrikaanse sielkundige riller soos Die Ontwaking.

  • Hou Maroela Media dop vir ʼn eksklusiewe video-onderhoud met Juanita oor haar rol as speurder Ella Nesser op Vrydag 5 Februarie op Maroela Media. Die Ontwaking open Vrydag 26 Februarie in fliekteaters landwyd.
  • Maroela Media het ook die lokprent van die Afrikaanse riller gedeel. As jy genoeg moed bymekaar kan skraap, kan jy hier na dit gaan loer.
  • Die Ontwaking is gebaseer op Chris Karsten se boek Abel se ontwaking. Lees meer oor dié boek en skrywer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.