Luister: Nicola Breytenbach vertel van ‘Free State’


Free State. Foto: Facebook via Nicola Breytenbach

Free State. Foto: Facebook via Nicola Breytenbach

Die internasionale model en aktrise Nicola Breytenbach is binnekort te sien in die nuwe Suid-Afrikaanse fliek Free State wat die storie vertel van ʼn Indiërman en ʼn wit vrou wat verlief raak tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Nicola het aan Maroela Media vertel dié rol met diepte het haar byna onmiddellik geïnteresseer. “Omdat dit ʼn redelik omstrede rol is en teen ʼn spesifieke agtergrond afspeel, was dit vir my baie vernuwend en lekker om die storie oor apartheid op so ʼn wyse te vertel,” het sy gesê.

“Dit gee ʼn ander blik op apartheid. Mense weet baie van die politiek en so, maar nie altyd van die liefdesverhale nie.”

Sy sê in Free State wou sy deur middel van die karakter wat sy vertolk die storie vertel van verskillende kulture in Suid-Afrika en hoe hulle gelewe het en mekaar beïnvloed het in die apartheidsjare. “Mense dink nie altyd aan iets anders as politiek wanneer hulle aan apartheid dink nie, maar daar was ook mooi liefdesverhale.”

Die fliek is reeds vertoon in lande soos Kanada en Indië. “Dit was ongelooflik hoe die mense gereageer het op die storie. Mense was baie beïndruk met die vertelling van die storie en het selfs gesê dit dien as leerskool vir die verskeidenheid van kulture in Suid-Afrika.”

Free State begin op 27 April landwyd in teaters draai.

Besoek Free State se Facebook-blad. Besoek ook Nicola se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

E.K. ·

Giftige kommentare ne. Onthou maar jul houdings eendag – dieselfde God wat julle geskape het het ook alle ander mens/lewens geksep.

koos ·

Baie teleurstellend dat volksgenote nie hierdie indoktrinasie insien en verwerp met minagting vir die gif wat dit is nie.

Chris ·

Net nog n manier om die blankes sleg voor te stel. Die haat verder aan te wakker. Meer as 20 jaaar na 1994. Nogal deur blankes self.
Kyk maar julle rolprent self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.