Mannetjies Roux bekoor op grootskerm

Anna-Mart van der Merwe in 'n toneel uit Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Foto: Stuur Groete aan Mannetjies Roux Facebook-blad.

Anna-Mart van der Merwe in ‘n toneel uit Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Foto: Stuur Groete aan Mannetjies Roux Facebook-blad.

ʼn Lokprent en video van die première volg onderaan die berig.

Bosbok Ses Films wat voorheen rolprente soos Roepman en Verraaiers na die grootskerm gebring het se nuwe Afrikaanse fliek, Stuur Groete aan Mannetjies Roux begin op 13 Desember 2013 by teaters draai.

Chris Torr, wat ook verantwoordelik was vir die liedjie oor Mannetjies Roux, het saam met Sallas de Jager en Simon Torr die draaiboek geskryf wat losweg gebaseer is op die gelyknamige verhoogstuk.

Stuur Groete aan Mannetjies Roux vertel die storie van Engela wat by haar oom en tannie op hulle plaas in die Karoo gaan kuier. Sy gaan op ʼn ontdekkingstog wat haar lewe totaal verander.

Hoewel dit nie ʼn biografiese rolprent of musiekblyspel oor Mannetjies Roux se lewe is nie, staan die storie van Mannetjies en dáárdie drie sentraal tot die storie.

Met Paul Eilers in die regisseurstoel en akteurs soos Ian Roberts, Anna-Mart van der Merwe en Lizelle de Klerk in die rolverdeling is die rolprent bestem om ʼn sukses te wees. Voeg dan nog die musiek van Laurika Rauch (wat ook ʼn verskyning in die fliek maak) by en jy kan nie anders as om meegevoer te raak met die storie, die karakters en die beeldskone Karoo nie.

Stuur Groete aan Mannetjies Roux begin  op 13 Desember 2013  by teaters draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.