Nóg ʼn Deon Meyer verhaal op die grootskerm

Louw Venter en Erica Wessels is te sien in die nuwe Afrikaanse rolprent ‘Alles Wat Mal Is’ wat na verwagting teen Desember in teaters sal draai. Foto: Diony Kempen Facebook-blad

ʼn Video van Maroela Media se besoek aan die stel van Alles Wat Mal Is volg onderaan die berig.

Alles Wat Mal Is, is ʼn nuwe Afrikaanse rolprent gebaseer op Deon Meyer se kortverhaal Helena se verhaal.

Dit vertel die storie van Helena Joubert (Erica Wessels): sy is getroud met haar universiteitliefde Gustav (Louw Venter), het twee kinders en skryf elke nou-en-dan ʼn artikel vir ʼn nietige publikasie. Êrens het Helena haarself verloor. Haar joernalistieke drome en ongeïnhibeerde en uitbundige ou self is nou net herinneringe. Soos baie mense in dié posisie, weet sy nie hoe dit gebeur het dat haar lewe só uitgedraai het nie.

Helena se ongelukkigheid bereik ʼn hoogtepunt en dit is dan wanneer haar uitdagende alter ego ʼn verskyning maak.  Sy voel weer soos wat sy in haar jong dae gevoel het en Helena begin om allerhande nuwe avonture aan te pak.

Die storie is verwerk is deur Sandra Vaughn, Corine du Toit en Hanli Rolfes terwyl Darrell Roodt die regie behartig het. Volgens Corine is die storie van Helena die proses waardeur elke vrou gaan. “Ons het hierdie idee in ons kop dat ons gaan trou, kinders kry en alles gaan pienk en pragtig wees. Die realiteit is egter dat elke vrou nie gebore is om die perfekte ma en huisvrou te wees nie; party vrouens het meer nodig.”

Alles Wat Mal Is sal na verwagting in Desember by teaters begin draai.

Maroela Media het ʼn draai op die stel van Alles Wat Mal Is gaan maak om te uit te vind waarna mense kan uitsien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Deon Kotze ·

Was die onderhoude in Afrikaans? Dit klink nie of sekere Afrikaanse dames gemaklik is met Afrikaans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.