Nóg ʼn internasionale toekenning vir plaaslike film

Akteurs soos Deon Lotz, Armand Aucamp, Crystal Donna Roberts, Jacques Bessenger en Brendon Daniels is te sien in Krotoa (Foto: Facebook)

Die veeltalige Suid-Afrikaanse fliek Krotoa het onlangs sy negende internasionale toekenning verower.

Die fliek het die toekenning vir beste verhalende rolprent by die Montreal International Black-filmfees gewen. Dié fees is van 27 September tot 1 Oktober in Montreal in Kanada gehou.

Ander buitelandse flieks wat ook vertoon is, sluit in Carpinteros, Kalushi – The Story of Solomon Mahlangu en Dabka.

“Ons is ongelooflik geëerd dat die storie van dié belangrike verhaal oor ʼn buitengewone vrou in ons geskiedenis hierdie toekenning ontvang het,” het Roberta Durrant, die film se regisseur en vervaardiger, gesê.

Krotoa sal ook as die openingsfliek vertoon word by die Toronto-filmfees wat op 14 en 15 Oktober gehou word.

Die fliek het reeds agt ander toekennings verower waaronder ’n toekenning van uitnemendheid by die Internasionale Rolprentfees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie, ’n beste rolprent van die fees-toekenning by die Depth of Field Internasionale Filmfees en ’n platinum-toekenning by die Internasionale Rolprenttoekennings.

Krotoa is geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid. ʼn DVD van die fliek word in Desember vanjaar uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JC ·

Wonderlik! /s.
So word die Afrikanernaam met jubelende trombone en fanfare in-die-grond-in geploeg, ons kon wragtig nie vir ‘n beter reklame veldtog gevra het nie! Mejuffroue Williams en Goldsmid (die ironie…) kan seker nie Die EER wat hulle te beurt geval deur hul PUIK werk glo nie! Daar word ‘n smeer- en kruistog teen ons gevoer, maar ons lag lustig mee, Eugene Marais sal IN SY GRAF OMDRAAI, maar die “al-hoe-meer-wordende, of by-die-dag meer verfoeilik rakende en karakterloos- rakende Afrikaners JUIG dit toe en het mos net een god, nl. Mammon.
Wat het van ons geword??

JC ·

Dit is ‘n steniging van die geskiedenis Klaas, en behoort dit veel eerder te roem op “geskiedkundige revisionisme”, ten bate/ of ten gunste van vermaaklikheidswaarde.
Daarvolgens sou Oom Jan kwansuis vir Pieternella, oftewel Krotoa, verkrag het!!
Hulle kan dankbaar wees hulle het nie die “film” gebaseer op Dan Sleigh se Wereldbekroonde “Eilande” nie, want dan sou dit ‘n verdraaiing daarvan gewees het. Inderdaad, Dan Sleigh sal jou vertel dat die kamtige “verkragting GLAD GEENSINS gebaseer is op werklike geskiedkundige gefundeerde gebeure nie.
Ek moet se, wat ‘n “eer” vir ‘n film om bekroon te word deur die bekende en hoog aangeslane MIBFF, wat ‘n eer, en om nogals ook in dieselfde asem as daardie geniale film van Mahlangu, daardie man wat NIE ‘n terroris was nie, en NIE die lewens van onskuldige Afrikaner vrouens en kinders geneem het met bomme nie; genoem te word, sjoe, sowaar ‘n eer/s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.