Nuwe weergawes van 4 gewilde flieks op pad

Macaulay Culkin soos hy destyds gelyk het in die rolprent “Home Alone”.

Disney het aangekondig dat hy vier gewilde gesinsrolprente gaan oormaak spesiaal vir sy nuwe stromingsdiens.

BBC berig Disney se uitvoerende hoof, Bob Iger, het bevestig Home Alone, Night at the Museum, Diary of a Wimpy Kid en Cheaper by the Dozen sal oorgemaak word spesifiek vir Disney se nuwe stromingsdiens, Disney+.

Disney+ sal in November in die VSA beskikbaar wees en na verwagting volgende jaar in Brittanje bekendgestel word.

Daar is nog geen bevestiging wanneer Disney+ in Suid-Afrika en die res van die wêreld bekendgestel gaan word nie.

Disney het die regte vir dié vier rolprente bekom nadat die maatskappy in 2017 die grootste deel van 20th Century Fox oorgekoop het in ʼn $71 miljard-ooreenkoms.

Volgens Hollywood Reporter het Iger gesê baie van 20th Century Fox se inhoud sal ook op Disney+ beskikbaar gestel word.

Home Alone is oorspronklik in 1990 bekendgestel met Macaulay Culkin in die hoofrol. Night at the Museum is oorspronklik in 2006 bekendgestel, Diary of a Wimpy Kid in 2010 en Cheaper by the Dozen in 2003.

‘n Skermskoot uit die nuwe weergawe van ‘The Lion King’. (Skermskoot: Disney via AP)

Disney is geen vreemdeling wanneer dit by die oormaak van gewilde rolprente kom nie.

Vroeër vanjaar is die nuwe weergawe van die klassieke kinderrolprent The Lion King bekendgestel en dié fliek het net in sy openingsnaweek ʼn allemintige $185 miljoen in die VSA en nóg $269,4 miljoen in kaartjieverkope wêreldwyd ingeoes.

Nog rolprente waarvan Disney nuwe weergawes uitgereik het, sluit in Aladdin, Jungle Book, Beauty and the Beast en Christopher Robin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

J ·

Los die flieks uit, geen “remake” is goed nie, veral nie “all female” nie lol, skryf jul eie flieks.

Koos ·

J, wou ek nou presies dieselde sê! Die akteurs is tussen 80 en biltong, maar ons moet glo dat hulle nog 20 jaar oud is.

Zoemmaantoeenterug ·

Weereens n klomp snert. Kan die mensdom nie meer eers hul eie flieks uitdink nie? Eentonige spesie…

Chris ·

Geen wonder dinge in SA is chaoties nie. Niemand het iets goed te sê oor enige iets nie.

KaterinaKat ·

Ek glo regtig nie Dit is die rede waarom SA in chaos is nie, Chris..Ai tog..

Marius ·

Chris, het jy agtergekom dat ook jy niks goed gesê het nie? Ek is bly oor die “remakes”! Nou gaan alles in SA minder chaoties wees.

Chris ·

Geluk Marius….jy wen die goue prys. SA mense se denke oor alles is negatief. As jy tussen die lyne kan lees, ek gee nie om oor ‘remakes’ nie. Ek lees maroela omdat ek ingelig wil bly oor my geboorteland. Dan kry jy positiewe nuus en mense kraak dit ook af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.