Oscar-benoemings 2019: ‘Roma’, ‘The Favourite’ maak skoonskip

Rachel Weisz, Olivia Colman en Emma Stone van 'The Favourite'. (Foto: Facebook via 'The Favourite')

Rachel Weisz, Olivia Colman en Emma Stone van ‘The Favourite’. (Foto: Facebook via ‘The Favourite’)

Die benoemings vir die 91ste Oscar-toekennings is Dinsdag aangekondig en die Meksikaanse Netflix-rolprent Roma en die komedie-drama The Favourite is beide vir 10 beeldjies benoem.

Roma vertel die verhaal van regisseur Alfonso Cuarón, wat benoem is vir beste regisseur, se jeug in Meksiko terwyl The Favourite in die 18de eeu afspeel in ʼn tyd waar Engeland en Frankryk in ʼn oorlog gewikkel is.

Yorgos Lanthimos is die regisseur van dié sterbelaaide fliek, wat aktrises soos Olivia Colman, Emma Stone en Rachel Weisz insluit. Lanthimos is ook benoem vir beste regisseur.

Colman is benoem as beste aktrise, terwyl Stone en Weisz teen mekaar meeding in die kategorie vir beste aktrise in ʼn ondersteunende rol. Stone is in 2017 met die beeldjie vir beste aktrise vereer vir haar rol in die fliek La La Land.

Emily Blunt in 'Mary Poppins Returns'. (Foto: Facebook via 'Mary Poppins Returns')

Emily Blunt in ‘Mary Poppins Returns’. (Foto: Facebook via ‘Mary Poppins Returns’)

Marvel Studios se Black Panther het geskiedenis gemaak deur die eerste superheld-fliek te wees wat benoem is vir beste fliek. Dié aksiebelaaide lokettreffer sal meeding in dié kategorie teen gunstelinge soos BlacKkKlansman, Bohemian Rhapsody, Green Book, A Star Is Born en Vice.

Glenn Close en Lady Gaga, wat tydens die toekenningseisoen met verskeie beeldjies huis toe is vir hul onderskeie rolle in The Wife (Close) en A Star is Born (Lady Gaga), is ook albei benoem vir beste aktrise. Dié twee aktrises is vroeg in Januarie gesamentlik aangewys as beste aktrise tydens die Critics Choice-toekennings.

Emily Blunt is tot baie se verbasing nie vanjaar benoem vir die titelrol in die fliek Mary Poppins Returns nie. Dit nadat sy vir talle toekennings benoem is tydens vanjaar se toekenningsseisoen, insluitend twee benoemings vir die Screen Actors Guild-toekennings.

Die fliek is egter benoem in ʼn rits ander kategorieë, onder meer vir beste kostuumontwerp, beste oorspronklike klankbaan, beste stelontwerp en beste oorspronklike liedjie vir die lied “The Place Where Lost Things Go”.

Julie Andrews is in 1965 met die beeldjie vir beste aktrise huis toe vir haar rol as Mary Poppins in die oorspronklike rolprent.

Chadwick Boseman in 'Black Panther'. (Foto: Facebook via 'Black Panther')

Chadwick Boseman in ‘Black Panther’. (Foto: Facebook via ‘Black Panther’)

Christian Bale (Vice), Bradley Cooper (A Star Is Born), Willem Dafoe (At Eternity’s Gate), Rami Malek (Bohemian Rhapsody) en Viggo Mortensen (Green Book) is in die kategorie vir beste akteur benoem. Malek is met die Golden Globe vir beste akteur in ʼn dramafliek vir sy rol as Freddie Mercury huis toe.

Die Oscar-toekennings word op 24 Februarie in die Dolby-teater in Los Angeles in die VSA oorhandig. Die akteur Kevin Hart sou aanvanklik die seremoniemeester wees, maar is van dié gesogte pos geskrap toe homofobiese twiets wat hy in 2011 gemaak het, die lig gesien het. Daar is tans nog nie ʼn gasheer vir die seremonie nie.

Hier is ʼn volledige lys van die benoemings:

Beste fliek
Black Panther
BlacKkKlansman
Bohemian Rhapsody
The Favourite
Green Book
Roma
A Star Is Born
Vice

Beste akteur
Christian Bale (Vice)
Bradley Cooper (A Star Is Born)
Willem Dafoe (At Eternity’s Gate)
Rami Malek (Bohemian Rhapsody)
Viggo Mortensen (Green Book)

Beste aktrise
Yalitza Aparicio (Roma)
Glenn Close (The Wife)
Olivia Colman (The Favourite)
Lady Gaga (A Star Is Born)
Melissa McCarthy (Can You Ever Forgive Me?)

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol
Mahershala Ali (Green Book)
Adam Driver (BlacKkKlansman)
Sam Elliott (A Star Is Born)
Richard E. Grant (Can You Ever Forgive Me?)
Sam Rockwell (Vice)

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol
Amy Adams (Vice)
Marina de Tavira (Roma)
Regina King (If Beale Street Could Talk)
Emma Stone (The Favourite)
Rachel Weisz (The Favourite)

Beste regisseur
Spike Lee (BlacKkKlansman)
Pawel Pawlikowski (Cold War)
Yorgos Lanthimos (The Favourite)
Alfonso Cuarón (Roma)
Adam McKay (Vice)

Beste aangepaste draaiboek
The Ballad of Buster Scruggs
BlacKkKlansman
Can You Ever Forgive Me?
If Beale Street Could Talk
A Star Is Born

Beste oorspronklike draaiboek
The Favourite
First Reformed
Green Book
Roma
Vice

Beste tekenprent
Incredibles 2
Isle of Dogs
Mirai
Ralph Breaks the Internet
Spider-Man: Into the Spider-Verse

Beste kinematografie
Cold War
The Favourite
Never Look Away
Roma
A Star Is Born

Beste kostuumontwerp
The Ballad of Buster Scruggs
Black Panther
The Favourite
Mary Poppins Returns
Mary Queen of Scots

Beste dokumentêre fliek
Free Solo
Hale County This Morning, This Evening
Minding the Gap
Of Fathers and Sons
RBG

Beste dokumentêre kortfliek
Black Sheep
End Game
Lifeboat
A Night at the Garden
Period. End of Sentence

Beste filmredigering
BlacKkKlansman
Bohemian Rhapsody
The Favourite
Green Book
Vice

Beste internasionale fliek
Capernaum
Cold War
Never Look Away
Roma
Shoplifters

Beste grimering en haarstilering
Border
Mary Queen of Scots
Vice

Beste oorspronklike klankbaan
Black Panther
BlacKkKlansman
If Beale Street Could Talk
Isle of Dogs
Mary Poppins Returns

Beste oorspronklike liedjie
“All the Stars” (Black Panther)
“I’ll Fight” (RBG)
“The Place Where Lost Things Go” (Mary Poppins Returns)
“Shallow” (A Star Is Born)
“When a Cowboy Trades His Spurs For Wings” (The Ballad of Buster Scruggs)

Beste stelontwerp
Black Panther
The Favourite
First Man
Mary Poppins Returns
Roma

Beste tekenprent (kortfliek)
Animal Behaviour
Bao
Late Afternoon
One Small Step
Weekends

Beste lewendige aksie (kortfliek)
Detainment
Fauve
Marguerite
Mother
Skin

Beste klankredigering
Black Panther
Bohemian Rhapsody
First Man
A Quiet Place
Roma

Beste klankvermenging
Black Panther
Bohemian Rhapsody
First Man
Roma
A Star Is Born

Beste visuele effekte
Avengers: Infinity War
Christopher Robin
First Man
Ready Player One
Solo: A Star Wars Story

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Linda ·

Ek is verbaas dat Bohemian Rhapsody nie meer benoemings gekry het nie.

Andre ·

Daar was soveel verkeerde feite en stories in Bohemian Rhapsody dat niemand rerig vir dit sal stem nie. Oulike probeerslag om hom soos `n engeltjie te laat lyk.

Ander Annie ·

Bohemian Rhapsody was uitstekend. Rami Malek het die rol van Freddy Mercury uitstekend vertolk. Freddy Mercury is beslis nie as ‘n engeltjie uitgebeeld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.