
Allison Janney in ‘n rooi Reem Acra-skepping.
(Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)
Die 90ste Oscar-toekennings is Sondagaand by die Dolby-teater in Los Angeles uitgedeel en die bekendes het oudergewoonte in ontwerpersklere op die glanstapyt gepronk.
Die flieks The Shape of Water en Three Billboards outside Ebbing, Missouri het dié glansryke toekenningsaand, wat die room van die rolprentbedryf vereer, oorheers.
Sally Hawkins, wat genomineer is in die kategorie vir beste aktrise, het ʼn blink, silwer rok met ʼn swart belt gedra. Jennifer Lawrence het in ʼn silwer Dior-skepping voor die kameras gesmeul.
Emma Stone, wat verlede jaar bekroon is met die Oscar vir beste aktrise vir haar rol in die eietydse musiekblyspel La La Land, het ʼn rooi-en-swart snyerspak met ʼn pienk strik deur Louis Vuitton gedra.
Allison Janney, wat met die beeldjie vir beste vrouebyspeler vir haar rol in I, Tonya huis toe is, het treffend gelyk in ʼn lang, helderrooi skepping deur Reem Acra.
Die aktrise Leslie Bibb het haar man, Sam Rockwell, by die glansgeleentheid ondersteun in ʼn swart skepping deur die ontwerper J. Mendell. Rockwell het met die toekenning vir beste mansbyspeler vir sy rol in Three billboards outside Ebbing, Missouri weggestap.
Nicole Kidman het treffend gelyk in ʼn blou aandrok deur Armani Prive.
Bron: US Magazine
- Nicole Kidman. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Emma Stone. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Helen Mirren. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Saoirse Ronan. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Ashley Judd en Mira Sorvino. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Jennifer Lawrence (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)
- Jordan Peele. (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)
- Mary J. Blige. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sally Hawkins. (Foto: Charles Sykes/Invision/AP)
- Sam Rockwell en Leslie Bibb. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Wendi McLendon-Covey. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Whoopi Goldberg. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Zoey Deutch. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Die skeppings is maar lelik hierdie jaar. Genade om soveel te betaal vir dit.
Nicole Kidman se rok lyk soos ‘n origami projek : (
Tannie Allison Janney se rooi rok is stunning! Nicole Kidman……….ai jaijai!!!!